Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop

Die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop of SALT, is 'n nuwe teleskoop met 'n 11 meter (36 voet) spieëldeursnee en geleë naby Sutherland in in die Karoo, Suid-Afrika. Dit is in Junie 2005 voltooi en sal na verwagting die setel wees van die Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag.

Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop
Die koepelgebou van die SALT.
Die koepelgebou van die SALT.
Ander naam SALT, Southern African Large Telescope
Sterrewag Suid-Afrikaanse Sterrekundige sterrewag
Tipe Optiese teleskoop
Reflekterende teleskoop
Eerste lig 2005
Webtuiste salt.ac.za
Ligging
Plek Sutherland, Noord-Kaap, Suid-Afrika
Hoogte 1 798 m (5 899 vt)[1]
Koördinate 32°22′34″S 20°48′38″O / 32.37611°S 20.81056°O / -32.37611; 20.81056
Tegniese besonderhede
Deursnee seskantige skikking van ~11,1 x ~9,8 m
Montering 45 ton se staalstruktuur
Golflengte 320–1700 nm[1]
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

SALT is die grootste optiese teleskoop in die suidelike halfrond. Dit sal gebruik word vir die fotografering en analisering van hemelliggame wat buite bereik is van die noordelike halfrond se teleskope, en dus nie daarmee waargeneem kan word nie. Die nuutste datum vir oorhandiging word as 31 Julie 2005 aangegee, maar die 91 saamgestelde spieëls word alreeds gekalibreer, 'n proses wat 'n paar ure in beslag kan neem.

Die koste van die projek sal na beraming 30 miljoen Amerikaanse Dollar beloop. Dit is 'n gesamentlike poging deur Duitsland, Pole, die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en Nieu-Seeland.

Algemene inligting

SALT se hoofspieël

SALT is opgerig op 'n heuwel in 'n natuurreservaat, 370 km noord-oos van Kaapstad, naby die dorpie Sutherland. Die installasie van die massiewe spieël het in Maart 2004 begin en bestaan uit 91 seskantige, konkawe spieëls, wat elkeen afsonderlik deur rekenaars beheer word en gestel kan word om op 'n gemeenskaplike brandpunt saam te val. Die teleskoop sal wetenskaplikes in staat stel om kwasers en spiraalnewels te bestudeer, wat 'n miljard keer te dof is om met die blote oog waar te neem.

Korea en Japan het ook twee teleskope, en Suid-Afrika het ten minste vyf optiese teleskope op dieselfde perseel. Die Universiteit van Birmingham het ook 'n sonteleskoop daar waarmee die son gedurig bestudeer word.

Medewerkers

  • Die Nasionale Navorsingstigting van Suid-Afrika
  • Nicolaus Copernicus Astronomical Centre of the Polish Academy of Sciences
  • Die Hobby-Eberly Telescope Raad
  • Rutgers, die Staatsuniversiteit van New Jersey
  • Georg-August-Universität Göttingen
  • Die Universiteit van Wisconsin-Madison
  • Universiteit van Canterbury (Nieu-Seeland)
  • Universiteit van North Carolina at Chapel Hill
  • Dartmouth College
  • Carnegie Mellon University
  • United Kingdom SALT Consortium (UKSC), comprising:

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

  • (en) SALT – Amptelike werf.