Tale van Namibië

Namibië het ’n wye verskeidenheid tale van verskeie taalfamilies: Germaanse, Bantoe- en verskeie Khoisantaalfamilies. Toe Namibië as Suidwes-Afrika onder Suid-Afrikaanse beheer was, was Afrikaans, Duits en Engels die amptelike tale. Ná Namibië se onafhanklikwording in 1990 het Engels kragtens die grondwet die enigste amptelike taal geword. Duits en Afrikaans is deur baie as oorblyfsels van kolonialisme beskou.[1]

Hoewel die amptelike taal Engels is, kan uit hierdie foto (met voorbeelde van Engels, Duits, Afrikaans en Oshiwambo) gesien word dat Namibië 'n veeltalige land is

Taalverspreiding

Die tale wat in die meeste huise in Namibië gepraat word, is Oshiwambo-dialekte, deur 49% van die bevolking, Damara[2] (11%), Afrikaans (10%), Kawango (9%) en Herero (9%).[3] Ander inheemse tale sluit in die Bantoetale Tswana, Gciriku, Fwe, Kuhane, Mbukushu en Yeyi; en die Khoisantale Naro, ǃXóõ, Kung-Ekoka en ǂKxʼauǁʼein.[4] Engels, die amptelike taal, word deur 3% van die bevolking as moedertaal gepraat. Sowat 60% van die wit bevolking praat Afrikaans, 32% Duits, 7% Engels en 1% Portugees.

Inheemse tale word op laerskoolvlak in sillabusse ingesluit. In staatskole is Engels die onderrigtaal. Afrikaans is die enigste taal wat na aan ’n lingua franca kom en word deur die meeste swart mense gepraat tesame met Engels en hul moedertaal.[5]

TaalgroepTaal/TaleISO-kodeMoedertaalsprekers
(in Namibië)[6]
Huishoudings met hooftaal[7]Verspreiding as 'n moedertaal
(2011)
Status
Niger-Kongo-tale
(Bantoetale)
OshiwamboOshikwanyama
(insluitende Oshimbalanhu)
kua
(lnb)
1 035 373 (49%)227 103 (48,9%)
Nasionale taal
Oshindonga
(insluitende Oshikwambi)
ndo
(kwm)
Nasionale taal
OtjihereroHerero
(insluitende Otjihimba)
her
(dhm)
~150 000–200 00040 000 (8,6%)
Nasionale taal
LoziLozi
(insluitende Cisubiya
Chifwe
Shiyeyi
Chitotela)
loz
(sbs)
(fwe)
(yey)
>100 00022 484 (4,8%)
Nasionale taal
TswanaTswanatsn~12 0001 328 (0,3%)
Nasionale taal
KawangoKwangalibnt180 00039 566 (8,5%)
Nasionale taal
Indo-Europese tale
(Wes-Germaanse tale)
AfrikaansAfrikaansafr219 753 (10,4%)48 238 (10,4%)
Nasionale taal
DuitsDuitsdeu~19 500 (0,9%)4 359 (0,9%)
Nasionale taal
EngelsEngelseng71 842 (3,4%)15 912 (3,4%)
Amptelike taal
Khoisan-tale
KhoekhoegowabKhoekhoegowab
(insluitende Nama
Damara
Haiǁom
Topnaar)

(naq)
(dam)
(hgm)
(top)
238 769 (11,3%)52 450 (11,3%)
Nama en Damara: Nasionale tale
San-taleǃKung
(insluitende Juǀ’hoan
ǃ'O-ǃKhung
ǃXung,
ǂKx'auǁein
Ju-ǂHõã)
vaj
(ktz)
(knw)

3 745 (0,8%)
Kxoe
Naronhr
ǃXóõnmn

Tale wat die meeste gepraat word

Hooftaal20012011
Oshiwambo48,548,9
Khoi/Nama/Damara11,511,3
Afrikaans11,410,4
Herero7,98,6
Kawango9,78,5
Lozi54,8
Engels1,93,4
Duits1,10,9
San1,20,8
Ander1,82,4

Bron: 2001-sensus[8] en 2011-sensus[9]

Verwysings

Bronne