Televoering
teoretiese oordrag van materie of energie tussen twee punte sonder om fisies tussen hulle te kruis
Televoering, ook teleportering of teleportasie (vanaf Grieks: τῆλε tele, "afgeleë" en Latyns portare, "dra", "bring"), is die oordrag van materie van die een plek na 'n ander sonder om die fisiese ruimte tussen hulle te betree. Bykans op dieselfde oomblik verdwyn 'n voorwerp op een plek en verskyn op 'n ander.
'n Denkbeeldige masjien wat in die wetenskapsfiksieverhale gebruik word, staan bekend as die televoerder of teleporteerder. Die term is die eerste keer in 1931 deur die Amerikaanse skrywer en joernalis Charles Fort gebruik en is veral bekend uit Star Trek "Beam me up, Scotty!".
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladPornhubMediese diagnoseAardverwarmingSpesiaal:Onlangse wysigingsTrappe van vergelykingAntoniemSuid-AfrikaApartheidNazi-DuitslandTropiese sikloonCarles PuigdemontErfenisdag (Suid-Afrika)AardbewingGeweldVergelykings (taalkunde)Intensiewe vormGetalMieliestronkDroogteNelson MandelaErfenisAfkortingBoelierySwangerskapNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLionel PetersonMenseregteVoornaamwoordHolocaustBynierWaarheid-en-versoeningskommissieSelfstandige naamwoordMarie AntoinetteByvoeglike naamwoordWikipediaRobbeneilandWikipedia:Gebruikersportaal