Vlag van Ceuta
Die vlag van die Outonome Spaanse stad van Ceuta is ongeveer in 1415 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n girovorm in agt driehoeke van swart en wit met die stadswapen in die middel van die vlag.
Gebruik | Burgerlike- en Staatsvlag |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | ongeveer in 1415 |
Ontwerp | ’n Girovorm in swart en wit met die stadswapen in die middel. |
Ontwerp
Die girovorm van die vlag is identies aan die vlag van Lissabon om die verowering van die stad deur die Portugese in 1415 te herdenk. Die stad was ’n deel van die Portugese Ryk tot 1640, waarna daar besluit is dat die stad by Spanje sou bly. Die stad se wapenskild is dus basies presies dieselfde as dié van die Portugese Koninkryk met sewe kastele en vyf skilde met silwer sierskywe.
Ander vlae
- Seevaartvlag van Ceuta
Eksterne skakels
- (en) Ceuta by Flags of the World.
Sien ook
- Vlae van Spaanse deelgebiede
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladPornhubMediese diagnoseAardverwarmingSpesiaal:Onlangse wysigingsTrappe van vergelykingAntoniemSuid-AfrikaApartheidNazi-DuitslandTropiese sikloonCarles PuigdemontErfenisdag (Suid-Afrika)AardbewingGeweldVergelykings (taalkunde)Intensiewe vormGetalMieliestronkDroogteNelson MandelaErfenisAfkortingBoelierySwangerskapNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLionel PetersonMenseregteVoornaamwoordHolocaustBynierWaarheid-en-versoeningskommissieSelfstandige naamwoordMarie AntoinetteByvoeglike naamwoordWikipediaRobbeneilandWikipedia:Gebruikersportaal