Wannanosaurus

Wannanosaurus ("Wannan-akkedis", na die plek waar dit ontdek is) was ’n genus dinosourusse uit die Campanium-tydsnede sowat 80 miljoen jaar gelede in wat nou Anhui, China, is. Die tipe-spesie, Wannanosaurus yansiensis, is in 1977 deur Lian-Hai Hou beskryf.[1]

Wannanosaurus
Tydperk: Campanium 80 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
†Marginocephalia
Superfamilie:
Genus:
Wannanosaurus

(Hou, 1977)
Binomiale naam
Wannanosaurus yansiensis
Wannanosaurus
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk:Animalia
Filum:Chordata
Klade:Dinosauria
Orde:Ornithischia
Infraorde:Pachycephalosauria
Familie:†Pachycephalosauridae
Genus:Wannanosaurus
(Hou, 1977)

Die enkele fossiel wat ontdek is, sluit in die gedeeltelike bokant van ’n skedel en onderkaak, ’n onder- en bobeen, en ’n deel van ’n rib. Omdat die bokant van die skedel plat is en groot openinge het, word dit beskou as ’n basale lid van Pachycephalosauria.[1][2]

Hoewel die oorblyfsels dié van ’n klein dier is met ’n lengte van minder as ’n meter,[1] wys die saamgegroeide bene in die skedel dat hy volgroeid was toe hy dood is.[3] Nes ander Pachycephalosauria was hy moontlik alles- of plantvretend en was sy kos plante na aan die grond en moontlik ook insekte.[2]

Verwysings

Eksterne skakels