Wikipedia:Transklusie/Hoe transklusie werk

Om enige bronbladsy (binne ʼn enkele Mediawiki-projek soos af:Wikipedia) te transkludeer moet die volgende kode in die teikenbladsy geplaas word:

{{BRONBLADSY}}

Wanneer ook al die teikenbladsy A met die kode verbeeld word, sal die enjin nie die kode in daardie plek insluit nie, maar die volledige inhoud van die bronbladsy B (BRONBLADSY).

Byvoorbeeld, jy kan dalk besluit om ʼn verwelkomingsboodskap in elke nuwe bydraer se besprekingsblad te plaas.

Transklusie skep ʼn direkte "lewendige" skakel tussen die sjabloonblad en die teikenblad of –blaaie waarin die boodskap moet verskyn. Wanneer die sjabloon geredigeer word, word al die teikenblaaie ook geredigeer. Byvoorbeeld, jy skep ʼn sjabloonblad in Wikipedia wat jou woonadres weergee en sluit die sjabloon nie net in jou bladsy in nie, maar ook in al jou vriende se bladsye. Later, na jy na ʼn nuwe adres verhuis het, werk jy jou adressjabloon by, waarna die "nuwe" adres outomaties in al jou vriende se bladsy sal verskyn.