Yokosuka MXY7 Ohka

Japanese vlieënde bom

Die Yokosuka MXY7 Ohka was 'n vuurpylaangedrewe vlieënde bom wat deur 'n vlieënier beheer was. Dit was deur die Japannese Keiserlike Vloot gebruik vir kamikaze-aanvalle. Voor die koms van die Yokosuka was gewone vliegtuie omgebou vir kamikaze-aanvalle. Daar was in Augustus 1944 begin met die ontwerp van die vlieënde bom en produksie het reeds in September 1944 begin. Model 11 was die eerste model wat operasioneel gebruik was en 755 is gebou tot Maart 1945.

Yokosuka MXY7 Ohka
TipeVlieënde bom
VervaardigerYokosuka Naval Air Technical Arsenal
StatusUit diens gestel
HoofgebruikerJapannese Keiserlike Vlootlugmag
VervaardigSep 1944 – Mrt 1945
Aantal gebou755

Die vliegtuig was aangedryf deur 'n vuurpylmotor en het ook 'n bom van 1 200 kg in die neus gedra. Die vliegtuig is deur 'n moedervliegtuig gedra, die G4M2E waarvan die bomdeure verwyder was. Die Yokosuka was tot 80 km van die teiken geneem en dan losgelaat op 'n hoogte van 8 200 m teen 'n spoed van 320 km/h. Die vliegtuig moes dan die laaste stuk na die teiken op sy eie aflê.

Tegniese besonderhede

Besonderhede van die Yokosuka MXY7 Ohka:
ItemStatistiek
Aantal motors1
Tipe motorStraal
VervaardigerTipe 4 Model 20 soliede staat vuurpylmotor
Kraglewering per motor800 kg
Vlerkspan5,0 m
Lengte6,07 m
Hoogte1,20 m
Maks. opstygmassa2 140 kg
Maks. snelheid860 km/h op konstante hoogte
1 000 km/h maks. duikspoed
Togafstand met vrag van 1 588 kg88 km
BewapeningGeen
Bomvrag1 200 kg

Bron