Zermatt

Zermatt is 'n munisipaliteit (Switserse Duits amptelik: politische Gemeinde) in die distrik Visp van die tweetalige Switserse kanton Valais (Duits: Wallis). Die Franse naam van Zermatt, Praborgne, is regstreeks afgelei van die oorspronklike Latynse dorpsnaam Pratobornum.

Zermatt

KaartWapen
Vlag
 Land Switserland
 Kanton Valais (Wallis)
 Koördinate46°01′N 07°44′O / 46.017°N 7.733°O / 46.017; 7.733
 Stigting1280 (eerste verwysing)
 Oppervlakte: 
 - Totaal242,67 vk km
 Hoogte bo seevlak1608 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2011)5 746
 - Bevolkingsdigtheid23,7/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 StadspresidentChristoph Bürgin (CVP)
 Amptelike WebwerfZermatt

Zermatt is teen 'n hoogte van 1608 meter bo seevlak aan die noord-oostelike voet van die Matterhorn-bergpiek in die boonste gedeelte van die Matter-vallei (dikwels ook Nikolai-vallei genoem) geleë. Die Matterhorn maak van Zermatt net soos sy uitstekende skigeriewe en voetslaanpaaie 'n eersterangse toeristebestemming in Switserland.