2002-Drienasiesreeks

Die 2002-Drienasiesreeks was die sewende keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 13 Julie tot 17 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die vierde keer gewen. Nietemin het Australië die Bledisloebeker vir die vierde agtereenvolgende keer behou, nadat die All Blacks en die Wallabies elkeen een wedstryd gewen het.

2002-Drienasies
Datums 13 Julie - 17 Augustus
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (4 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 32 (5.33 per wedstryd)
Bywoning 306 764 (51 127 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Andrew Mehrtens (47)
Meeste drieë Vlag van Suid-Afrika Marius Joubert (3)
2001
2003

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

Formaat

Die formaat vir die 2002-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart

NasieWedstrydePunteBonuspunteLigapunte
SpeelWenGelykVerloorVirTeenVerskil
1 Nieu-Seeland43019765+32315
2 Australië42029186+5311
3 Suid-Afrika4103103140–3737

Wedstryddatums

DatumDatum
Week 113 JulieWeek 43 Augustus
Week 220 JulieWeek 510 Augustus
Week 327 JulieWeek 617 Augustus

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6


Drienasiesreekskampioen 2002
Nieu-Seeland

Statistiek

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:
NaamPunte
1 Andrew Mehrtens47
2 Matt Burke40
3 André Pretorius27
Meeste drieë gedruk:
NaamDrieë
1 Marius Joubert3

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels