Kings Park-stadion

Kings Park-stadion, ook bekend as Hollywoodbets Kings Park vir borgskapdoeleindes, is 'n stadion wat in Durban, Suid-Afrika geleë is. Die stadion is oorspronklik in 1891 gebou en is in die middel-1990's opgeknap. Die stadion kan 52 000 toeskouers akkomodeer en word gebruik vir beide rugby- en sokkerwedstryde. Die stadion is aangrensend aan die Moses Mabhidastadion, in die Kings Park-sportkompleks, en die Durban-straatbaan wat gebruik was vir die A1 GP Wêreldbeker van motorsport. Dit sluit in 'n aangrensende binnehuisarena, sokkermuseum, sportinstituut en 'n treinstasie.

Kings Park-stadion
Lugbeeld van die Kings Park-stadon in 2013

Volle naamHollywoodbets Kings Park
Vorige nameABSA-stadion (2000–2010)
Mr Price Kings Park (2011–2012)
Growthpoint Kings Park (2013–2018)
Jonsson Kings Park (2018–2022)
LiggingDurban
Koördinate29°49′29.60″S 31°1′46.88″O / 29.8248889°S 31.0296889°O / -29.8248889; 31.0296889 31°1′46.88″O / 29.8248889°S 31.0296889°O / -29.8248889; 31.0296889
EienaareThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit
Kapasiteit52 000 (rugby en sokker)
OppervlakGras
Konstruksie
Gebou1891
Geopen28 Junie 1958
Renovasie1984, 1993–1995
Huurders
Natalse Haaie, Sharks, Golden Arrows en AmaZulu FC
Lugbeeld van die Kings Park-sportkompleks in 2009, links die Moses Mabhidastadion onder konstruksie en regs die Kings Park-stadion

Die stadion word tans deur die volgende spanne gebruik:

Wedstryde

Rugbywêreldbeker 1995

DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
27 Mei 1995 Argentinië18–24 EngelandGroep B30 000
31 Mei 1995 Engeland27–20 ItaliëGroep B21 000
4 Junie 1995 Engeland44–22 SamoaGroep B20 000
10 Junie 1995 Frankryk36–12   IerlandKwarteindstryd18 000
17 Junie 1995 Suid-Afrika19–15 FrankrykHalfeindstryd50 000

Afrikanasiesbeker 1996

DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
16 Januarie 1996  Gaboen1–2  LiberiëGroep C5 000
19 Januarie 1996  Gaboen2–0  ZaïreGroep C6 000
24 Januarie 1996  Angola3–3  KameroenGroep A6 000
28 Januarie 1996  Gaboen1-1 (1-4 n.S.)  TunisiëKwarteindstryd4 000
31 Januarie 1996  Zambië2–4  TunisiëHalfeindstryd5 000

Sien ook

Eksterne skakels