2010-Drienasiesreeks

Die 2010-Drienasiesreeks was die vyftiende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland gewees. Die reeks is vanaf 10 Julie tot 11 September 2010 gespeel. Die lande se spanne is onderskeidelik die Springbokke, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die tiende keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat weggestap het.

2010-Drienasies
Datums 10 Julie - 11 September
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (10 titels)
Wedstryde gespeel 9
Drieë gedruk 52 (5.78 per wedstryd)
Bywoning 442 629 (49 181 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Suid-Afrika Morné Steyn (77)
Meeste drieë Vlag van Australië James O’Connor
Vlag van Nieu-Seeland Mils Muliaina (4 elk)
2009
2011

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

Formaat

Die formaat vir die 2010-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en nege in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart

NasieWedstrydePunteBonuspunteLigapunte
SpeelWenGelykVerloorVirTeenVerskil
1 Nieu-Seeland6600184111+73327
2 Australië6204162188–26311
3 Suid-Afrika6105147194–4737

Wedstryddatums

DatumDatumDatum
Week 110 JulieWeek 431 JulieWeek 728 Augustus
Week 217 JulieWeek 57 AugustusWeek 84 September
Week 324 JulieWeek 621 AugustusWeek 911 September

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6

Week 7

Week 8

Week 9


Drienasiesreekskampioen 2010
Nieu-Seeland

Statistiek

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:
NaamPunte
1 Morné Steyn77
2 Matt Giteau64
3 Dan Carter63
4 James O’Connor27
5 Malili Muliaina20
Meeste drieë gedruk:
NaamDrieë
1 Malili Muliaina4
James O’Connor
3 Richie McCaw3
Drew Mitchell
Gurthrö Steenkamp

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels