ADO Den Haag

Alles Door Oefening Den Haag, algemeen bekend as ADO Den Haag, is 'n Nederlandse sokkerklub in die stad Den Haag. Die klub was vir 'n tyd bekend as FC Den Haag, met ADO wat die amateur tak van die klub verteenwoordig het. Alhoewel dit deel van een van die tradisionele drie groot Nederlandse stede uitmaak, kon die klub nie die suksesse van AFC Ajax, Feyenoord of PSV in terme van die Eredivisie of Europese kompetisies ewenaar nie. Daar is nieteenstaande 'n groot mededinging met Ajax en Feyenoord.

ADO Den Haag
Volle naamAlles Door Oefening Den Haag
Stigting1 Februarie 1905
TuisveldKyocera-stadion, Den Haag
Kapasiteit15 000
VoorsitterHenk Jagersma
Afrigter?
LigaEredivisie
SpankleureSpankleureSpankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
SpankleureSpankleureSpankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure

Geskiedenis

Muurskildery in die nuwe ADO-stadion

Die klub is gestig in 1905, maar het dit moeilik gevind om teen die groot Nederlandse spanne te kompeteer, deels a.g.v. die populariteit van krieket in die stad.

ADO Den Haag wen die Eredivisie titel in 1942 en 1943 en die KNVB-Beker in 1968 en 1975 (onder die naam FC Den Haag). Hulle grootste Europese sukses was 'n kwarteindronde wedstryd teen West Ham United vir die Europese Beker Wenners Beker in 1976. 'n 4-2 wen in Den Haag gevolg deur 'n 3-1 verloor in Londen het eliminasie tot gevolg gehad.

ADO ondersteuners het sterk bande met die Walliese klub Swansea City. Vlae van die respektiewe klubs word dikwels by die ander klub se wedstryde gewaai, en beide klubs speel gereeld voor-seisoen vriendelike wedstryde teen mekaar. Legia Warszawa (Pole), Club Brugge (België), en Juventus F.C. (Italië) deel ook sterk ondersteuner bande met ADO Den Haag.

Na 'n lang stryd in die land se Eerste divisie, het ADO Den Haag vir seisoene in die Eredivisie gespeel en is weer afgeskuif in die Eredivisie 2006/2007 seisoen. Nietemin, na 'n 6de plek in die 2007-08 seisoen, wen hulle 'n uitspeel wedstryd, wat bevordering na die Eredivisie 2008-09 seisoen tot gevolg gehad het. Die klub se nuwe tuiste is die 15 000 sitplek Den Haag Stadion; daar is nog nie 'n amptelike naam vir die stadion nie. Hulle het gewoonlik hulle tuiswedstryde by die Zuiderpark Stadion gespeel; die grond gaan verkoop word vir publieke behuising. Hul kleure is geel en groen en hul gemiddelde tuiswedstryd bywoning in 2005-06 was 6 800 toeskouers, een van die laagste in die Eredivisie. Hulle het die 2008-09 seisoen begin met twee oorwinnings, wat hulle vir die eerste keer in 32 jaar aan die bo-punt van die Eredivisie geplaas het.

Erelys

Nederlandse kampioen (2)

1942, 1943

KNVB-Beker (2)

1968, 1975

(naaswenner (6)

1959, 1963, 1964, 1966, 1972, 1987)

Eerste divisie (2)

1986, 2003

Huidige spelers

Nota: Vlae toon nasionale spanne aan soos per FIFA toelatingsreëls. Spelers mag meer as een nie-FiFA nasionaliteit besit.

Nr.PosisieSpeler
1 DWRobert Zwinkels
2 VAhmed Ammi
3 VChristiaan Kum
4 VTimothy Derijck
5 VMitchell Piqué
6 MSAleksandar Ranković
7 VSKarim Soltani
8 MSDanny Buijs (captain)
9 VSAndres Oper
10 MSRichard Knopper
11 VSWesley Verhoek
12 MSRicky van den Bergh
13 VSRaily Ignacio
14 MSKees Luijckx (on loan from AZ)
16 DWBarry Ditewig
17 VSYuri Cornelisse
18 VPascal Bosschaart
Nr.PosisieSpeler
19 VSBogdan Milić
20 VCsaba Horváth
21 MSKai van Hese
22 DWBoy Waterman (on loan from AZ)
23 MSMike de Geer
24 MSLeroy Resodihardjo
26 DWGino Coutinho
27 VSSanty Hulst
28 MSLex Immers
31 VJoel Tillema
33 VDanny van der Ree
35 MSRoderick Gielisse
36 VSCharlton Vicento
37 MSJens Toornstra
40 MSLevi Schwiebbe
41 VLorenzo Piqué
52 MSSerhat Koksal

Op uitleen

Nota: Vlae toon nasionale spanne aan soos per FIFA toelatingsreëls. Spelers mag meer as een nie-FiFA nasionaliteit besit.

Nr.PosisieSpeler
VSBerry Powel (geleen aan De Graafschap)

Bestuurders

  • Franz Gutkas (1954–1955)
  • Rinus Loof (1955–1962)
  • Ernst Happel (1962–1969)
  • Vaclav Jezek (1969–1972)
  • Vujadin Boškov (1974–1976)
  • Anton Malatinský (1976–1978)
  • Piet de Visser (1978–1980)
  • Hans Kraay (1980–1981)
  • Cor van der Hart (1981–1983)
  • Rob Baan (1983–1986)
  • Pim van de Meent (1986–1988)
  • Co Adriaanse (1988–1991)
  • Nol de Ruiter (1992–1994)
  • Lex Schoenmaker (1994–1995)
  • Theo Verlangen (1995–1996)
  • Mark Wotte (1996–1998)
  • André Hoekstra (1998–1999)
  • Rinus Israel (2001–2004)
  • Frans Adelaar (2004–2006)
  • Lex Schoenmaker (2006–2007)
  • Wiljan Vloet (2007–2008)
  • André Wetzel (2008–2009)
  • Raymond Atteveld (2009–)

[1]

Verwysings

Eksterne skakels