Abdullah Gül

Abdullah Gül (geb. 29 Oktober 1950) het vanaf 28 Augustus 2007 tot 28 Augustus 2014 die amp as elfde president van Turkye beklee en is opgevolg deur die vorige premier, Recep Tayyip Erdoğan. Hy was voorheen vier maande lank die eerste minister (2002 tot 2003) en daarna die minister van buitelandse sake (2003 tot 2007).

Abdullah Gül
Abdullah Gül

11de president van Turkye
Ampstermyn
28 Augustus 2007 – 28 Augustus 2014
Eerste ministerRecep Tayyip Erdoğan
Voorafgegaan deurAhmet Necdet Sezer
Opgevolg deurRecep Tayyip Erdoğan

24ste premier van Turkye
Ampstermyn
18 November 2002 – 14 Maart 2003
PresidentAhmet Necdet Sezer
Voorafgegaan deurBülent Ecevit
Opgevolg deurRecep Tayyip Erdoğan

1ste vise-premier van Turkye
Ampstermyn
28 Maart 2003 – 28 Augustus 2007
Eerste ministerRecep Tayyip Erdoğan
Voorafgegaan deurMehmet Ali Şahin
Opgevolg deurCemil Çiçek

Minister van buitelandse sake
Ampstermyn
14 Maart 2003 – 28 Augustus 2007
Eerste ministerRecep Tayyip Erdoğan
Voorafgegaan deurYaşar Yakış
Opgevolg deurAli Babacan

Persoonlike besonderhede
Gebore29 Oktober 1950 (1950-10-29) (73 jaar oud)
Kayseri, Turkye
Eggenoot/-noteHayrünnisa Gül
Alma materUniversiteit van Istanboel
Universiteit van Exeter
ReligieSoenni-Islam
Handtekening

Die eerste minister, Recep Tayyip Erdoğan, se benoeming van Gül as ’n presidensiële kandidaat het groot teenstand ontlok van ondersteuners van sekularisme in Turkye. In Mei 2007 is Gül se eerste poging om president te word in die wiele gery deur die wetgewende hof[1] weens kommer oor sienings wat hy voorheen gelug het.[2]

Nadat Erdoğan se Regs- en Ontwikkelingsparty in 2007 weer die verkiesings gewen het, is Gül eindelik op 28 Augustus van dié jaar tot president verkies. Hy is die eerste openlik Islamgesinde president in die moderne geskiedenis van Turkye.[3][4]

Verwysings

Eksterne skakels