Agulhasvlakte

streek aan die suidpunt van Afrika

Die Agulhasvlakte is 'n komplekse vleilandstelsel wat aan die suidpunt van Afrika lê.[1][2] Dit begin noord van Bredasdorp, en strek tot na die suidpunt van Kaap Agulhas. Die westelike grens lê naby Gansbaai.[3]

Daar is baie bedreigde spesies in die gebied.[4] Baie van hulle word nie in die staatswoude en privaat natuurreservate langs die kusgebiede aangetref nie, maar woon meer in die binneland.[5][6]

Flora

'n Nuwe fynbosleliespesie, die Nuwejaarslelie (Cyrtanthus novus-annus), is in 'n bewaringsgebied op die Agulhasvlakte ontdek.[7]

Paleo-Agulhasvlakte

Die nou onderwater Paleo-Agulhasvlakte in Suid-Afrika het uiteenlopende, groen ekosisteme en volop wild vir vroeë mense gehad.[8]

Verwysings

Eksterne skakels