Pinkster

Christelike fees met die gebeure van Handelinge 2 as basis

Pinkster (afgelei van die Griekse πεντηκοστὴ [ἡμέρα], pentēkostē [hēméra], letterlik: "vyftigste [dag]") is 'n Christelike fees ter herinnering aan 'n belofte wat Jesus van Nasaret vir sy volgelinge gemaak het. Volgens die Christelike Pinkster-teologie sou hy vyftig dae ná sy opstanding 'n helper, die Heilige Gees, stuur om sy aanhangers, wat in Jerusalem vergader het om die Joodse Wekefees te vier (Die handelinge van die apostels 2:1-41), met nuwe krag te beklee. Pinkster word sedert die 3de eeu as 'n Christelike fees gevier (die eerste historiese verwysing na die fees dateer selfs terug na die jaar 130 n.C.) en is gegrond op die Joodse tradisie van die Wekefees (Hebreeus: Sjavuot), wat vyftig dae ná die Pasgafees (Hebreeus: Pesach) gevier word. In ooreenstemming hiermee val die Christelike Pinksterfees op die vyftigste dag ná Pase.

Die Heilige Gees, fresko in die Karlskirche Wene, Oostenryk
Die Heilige Gees word oor die dissipels van Jesus van Nasaret uitgestort (Ingeborg-psalter, omstreeks 1200)
Stundenbuch des Herzogs von Berry, Les Très Riches Heures (15de eeu)
Die Cenacle in Jerusalem is volgens Christelike tradisie die plek van die laaste aandmaal en Pinkster[1]

Volgens die Christelike leerstelling het die Heilige Gees gedurende die eerste Pinkster oor Jesus se dissipels neergedaal. Die Heilige Gees het die vorm aangeneem van tonge van vuur, en 'n druisende wind, wat die huis gevul het waar hulle gesit het. Die dissipels het vervul geraak met die Heilige Gees en hulle het begin om in vreemde tale te praat wat hulle self nie geken of verstaan het nie. Sommige besoekers aan Jerusalem vanaf ander dele in die Romeinse Ryk het die tale verstaan, maar sommiges het dit nie verstaan nie, en het gedink die dissipels was dronk of beset deur bose geeste.

Volgens die Boek van Handelinge, was die Pinksterondervinding waargeneem deur 'n groot groep mense, en dit het verwarring, maar ook ekstase meegebring.

Toe die mense die geluid hoor, het 'n groot skare saamgedrom. En omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word, het hulle nie geweet hoe hulle dit het nie. Verras en verbaas sê hulle toe: "Die mense wat daar praat, is tog almal Galileërs. Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal? Perse, Mediërs en Elamiete, sowel as die inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië, Frigië en Pamfilië, Egipte en die dele van Libië om Sirene, mense uit Rome, Jode sowel as heidene wat die Joodse geloof aangeneem het, Kretensers en Arabiere – ons hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het." Hulle was almal verbaas en uit die veld geslaan. Party het vir mekaar gevra: "Wat kan dit tog beteken?" Maar party het gespot en gesê: "Hulle is dronk." Handelinge 2:6-13

Toe het Petrus met die groep mense gepraat, en verduidelik dat die vreemde verskynsels deur die profeet Joël voorspel was, en dat dit die profesie van Dawid bevestig het. Petrus het die luisteraars vermaan om na Christus te keer. Toe hy gevra word wat 'n mens moet doen, antwoord hy: "Bely, en word gedoop, elkeen van julle in die naam van Jesus Christus, vir die vergewing van julle sondes, en julle sal die geskenk van die Heilige Gees ontvang." Omtrent drieduisend het gehoor gegee aan Petrus se versoek en is gedoop.

Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op en onder leiding van die Heilige Gees spreek hy die mense toe: "Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, ek moet vir julle verduidelik wat gebeur het. Luister na wat ek gaan sê: Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar nege-uur in die môre. Nee, hier gebeur wat God deur die profeet Joël gesê het: Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree. Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die aarde gee: bloed en vuur en rookwolke. Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom. So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Handelinge 2:14-21.

Die eerste Pinksterfees word in die Christelike tradisie as die stigtingsdatum van die oorspronklike Ekklesia (Kerk) beskou.

Datum en oorsprong

Pinkster en die Joodse Sjavuot

Die Christelike Pinkstergebeure het volgens die Nuwe Testament van die Bybel (Handelinge 2:1) tydens die Joodse fees Sjavuot plaasgevind. Hierdie fees is ter herinnering aan die openbaring van die Tora aan die Joodse volk as een van die belangrikste feesdae van die Joodse godsdiens gevier. Sjavuot beteken letterlik 'weke' en verwys na die sewe weke ná die Pesachfees, wat op die vyftigste dag voltooi is. Die Griekse benaming pentekostē, waaruit ook die Afrikaanse naam Pinkster ontstaan het, is reeds op hierdie tradisie gegrond. Sjavuot was daarnaas ook 'n oesdankfees en het die einde van die koringoestyd gemerk, wat met Pesach begin het.

Pinksterdatums

Die vroegste moontlike termyn volgens die Gregoriaanse kalender is 10 Mei en die laaste moontlike is 13 Junie. In die Juliaanse kalender, wat veral deur die Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, verskil dié datum effens.

2000–2010
JaarWesteOoste
200011 Junie18 Junie
20013 Junie
200219 Mei23 Junie
20038 Junie15 Junie
200430 Mei
200515 Mei19 Junie
20064 Junie11 Junie
200727 Mei
200811 Mei15 Junie
200931 Mei7 Junie
201023 Mei
2011–2021
JaarWesteOoste
201112 Junie
201227 Mei3 Junie
201319 Mei23 Junie
20148 Junie
201524 Mei31 Mei
201615 Mei19 Junie
20174 Junie
201820 Mei27 Mei
20199 Junie16 Junie
202031 Mei7 Junie
202123 Mei20 Junie
2022–2032
JaarWesteOoste
20225 Junie12 Junie
202328 Mei4 Junie
202419 Mei23 Junie
20258 Junie
202624 Mei31 Mei
202716 Mei20 Junie
20284 Junie
202920 Mei27 Mei
20309 Junie16 Junie
20311 Junie
203216 Mei20 Junie

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels