Ahmed Kathrada

Ahmed Mohamed Kathrada (* 21 Augustus 1929 – † 28 Maart 2017), was 'n African National Congress-lid en anti-apartheidsaktivis. Hy is saam met Nelson Mandela in 1964 in die Rivonia-verhoor tot lewenslange tronkstraf veroordeel.

Ahmed Kathrada
Ahmed Kathrada
Kathrada in 2016

LP vir Lenasia
Ampstermyn
1994 – 1999

Persoonlike besonderhede
Gebore(1929-08-21)21 Augustus 1929
Schweizer-Reneke, Transvaal
Sterf28 Maart 2017 (op 87)
Johannesburg
Politieke partyAfrican National Congress
Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party
Eggenoot/-noteBarbara Hogan
Alma materUniversiteit van Suid-Afrika
ReligieIslam

Op 31 Maart 2016 het hy 'n brief geskryf[1] waarin hy president Jacob Zuma oproep om af te tree vanweë Zuma se rol in die Nkandla-skandaal. Hy verklaar dat dit die enigste manier is om die vertrouenskrisis te beëindig en die land se regering daarvan te laat herstel.[2] Sy vrou Barbara Hogan het eerder kritiek op Zuma gelewer.[3]

Verwysings