African National Congress

Die African National Congress (ANC) is 'n bevrydingsorganisasie en politieke party wat Suid-Afrika sedert die land se eerste nie-rassige, demokratiese nasionale verkiesing van April 1994 regeer. Dié party is in 1912 in Bloemfontein as die South African Native National Congress (SANNC) gestig en was jare lank 'n verbode organisasie in Suid-Afrika. Die huidige naam is in 1923 aanvaar.

African National Congress
ANC
Vlag van die African National Congress
Vlag van die African National Congress

LeierCyril Ramaphosa
SlagspreukSouth Africa's National Liberation Movement
Gestig8 Januarie 1912 (1912-01-08) (112 jaar oud)
NuusbriefANC Today
HoofkwartierLuthulihuis, Sauerstraat 54, Johannesburg, Gauteng
JeugvleuelANC-jeugliga
IdeologieAfrika-nasionalisme
Linksgesinde nasionalisme
Sosiale demokrasie
Demokratiese sosialisme
Nasionale affiliasieTripartite Alliance
Internasionale affiliasieSosialistiese Internasionaal[1]
Amptelike kleureSwart, groen, goud
Webbladwww.anc1912.org.za Edit this at Wikidata

Geskiedenis

Die South African Native National Congress se afvaardiging in Londen, Junie 1914. Van links tot regs: Thomas Mapike, eerwaarde Walter Rubusana, eerw. John Dube, Saul Msane en Sol Plaatje.
Albert Luthuli, voormalige president van die ANC
Logo van die ANC
Oliver Tambo in 1981
Sowjetse posseël uit 1988 wat Nelson Mandela uitbeeld

Die ANC is op 8 Januarie 1912 gestig deur onder andere John Dube, Pixley ka Seme en Sol Plaatje om hom te beywer vir die regte en vryhede van alle Afrikane. Die ANC-jeugliga is in 1944 deur Nelson Mandela, Walter Sisulu, en Oliver Tambo gestig.

Die sege van die Nasionale Party in die 1948-verkiesing en die implementering van apartheid lei tot die sogenaamde Defiance Campaign van 1952, en die opstel van die Vryheidsmanifes in Kliptown in 1955.

In 1959 word die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) gestig deur Robert Sobukwe en 'n groep ANC-lede wat gekant was teen die ANC se wending weg van swart nasionalisme af.

As gevolg van sy vreedsame verset teen apartheid en die vele inperkings wat hy hieroor moes verduur, word die Nobelprys vir Vrede in Desember 1961 aan ANC-presidentgeneraal Albert Luthuli toegeken. Hy en sy vrou, Nokukhanya, word deur die regering toegelaat om die oorhandigingseremonie in Oslo by te woon.

Na aanleiding van 'n beroep deur Albert Luthuli word die Anti-apartheidsbeweging in Brittanje gestig en internasionale druk teen die apartheidsbewind, hoofsaaklik deur boikotte, neem toe.

Die besluit van die ANC om oor te gaan na gewapende stryd, en die stigting van Umkhonto we Sizwe (MK), lei tot die inhegtenisname op 11 Julie 1963 van Nelson Mandela en 18 ander MK-lede op die plaas Liliesleaf by Rivonia. Tydens die sogenaamde Rivonia-verhoor word Mandela, Walter Sisulu, Govan Mbeki, Raymond Mhlaba, Elias Motsoaledi, Ahmed Kathrada en Denis Goldberg op 11 Junie 1964 skuldig bevind aan sabotasie en lewensvonisse opgelê. Hierna is die ANC verban.

Geallieerde organisasies

Bekende lede van die ANC

Presidente van die ANC

bron vir tot 2007.[2]

Verkiesingsresultate

Persentasie van stemme vir die ANC in die 2014-verkiesing, volgens kiesafdelings.

   0–20%

   20–40%

   40–60%

   60–80%

   80–100%

Persentasie van stemme vir die ANC in die 2009-verkiesing, volgens kiesafdelings.

   0–20%

   20–40%

   40–60%

   60–80%

   80–100%

Nasionale verkiesings

Nasionale Vergadering

Verkiesing# van
algehele stemme
% van
algehele stemme
# van
algehele setels gewen
+/–Regering
199412 237 65562,65252 / 400In regering
199910 601 33066,35266 / 400 14In regering
200410 880 91569,69279 / 400 13In regering
200911 650 74865,90264 / 400 15In regering
2014[3]11 436 92162,15249 / 400 15In regering
2019[4]10 026 47557,5230 / 400 19In regering

Nasionale Raad van Provinsies

Verkiesing# van
algehele setels gewen
+/–Regering
199460 / 90In regering
199963 / 90 3In regering
200465 / 90 2In regering
200962 / 90 3In regering
201460 / 90 2In regering
201954 / 90 6In regering

Provinsiale verkiesings

VerkiesingOos-KaapVrystaatGautengKwaZulu-NatalLimpopoMpumalangaNoordwesNoord-KaapWes-Kaap
%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels
199484,35%48/5676,65%24/3057,60%50/8632,23%26/8191,63%38/4080,69%25/3083,33%26/3049,74%15/3033,01%14/42
199973,80%47/6380,79%25/3067,87%50/7339,38%32/8088,29%44/4984,83%26/3078,97%27/3364,32%20/3042,07%18/42
200479,27%51/6381,78%25/3068,40%51/7346,98%38/8089,18%45/4986,30%27/3080,71%27/3368,83%21/3045,25%19/42
200968,82%44/6371,10%22/3064,04%47/7362,95%51/8084,88%43/4985,55%27/3072,89%25/3360,75%19/3031,55%14/42
2014[3]70,09%45/6369,85%22/3053,59%40/7364,52%52/8078,60%39/4978,23%24/3067,39%23/3364,40%20/3032,89%14/42
2019[4]68,74%44/6361,14%19/3050,19%37/7354,21%44/8075,49%38/4970,58%22/3061,87%21/3357,54%18/3028,64%12/42

Munisipale verkiesings

VerkiesingStemme%+/–
1995–965 033 85558%
2000Geen vrygestel59,4% 1,4%
200617 466 94866,3% 6,9%
201116 548 82661,9% 4,4%
2016[5]21 450 33255,7% 6,2%
202114 531 90847,5% 8.2%

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels