Amerikaanse Marinierskorps

Die Amerikaanse Marinierskorps (Engels: United States Marine Corps, afgekort USMC) is die marinierskorps van die Verenigde State en deel van die Amerikaanse Gewapende Magte.

Amerikaanse Marinierskorps
Seël van die Marinierskorps
Seël van die Marinierskorps
Seël van die Marinierskorps
Gestig10 November 1775 – April 1783,

11 Julie 1798[1]

LandVerenigde State van Amerika
TipeGekombineerde marinewapens
LogoKenteken van die Amerikaanse Marinierskorps
VlagVlag van die Amerikaanse Marinierskorps
SpesialisasieAmfibiese, ekspedisie en lugoorlogvoering
HoofkwartierPentagon
Aantal lede194 000 aktiewe (2013)[2]
40 000 reserwe(2010)[3]
KommandostruktuurVlootdepartement
MarsSemper Fidelis
The Marine's Hymn
KleurBloedrooi en Goud[4]         
VeldslaeAmerikaanse Rewolusionêre Oorlog
Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
Tweede Opiumoorlog
Amerikaanse Burgeroorlog
Spaans-Amerikaanse Oorlog
Eerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog
Korea-oorlog
Viëtnamoorlog
Golfoorlog
Irakse Oorlog
Lede van die Amerikaanse Marinierskorps vuur op die vyand tydens Operasie Moshtarak in Afghanistan.
'n Amerikaanse Marinier doen diens as sekuriteitswag by 'n V.S.A ambassade in 2004.

Hoewel die korps hom oorspronklik hoofsaaklik besig gehou met die veiligheid aan boord van oorlogskepe, en met oorlogvoering deur middel van landings in kusgebiede vanuit die see, het dit ontwikkel tot 'n bruikbare, veeldoelige elite-gevegsmag binne die Amerikaanse Gewapende Magte.

Die Marinierskorps is op één na die kleinste van die vyf dele van die gewapende magte (die Leër, Vloot, Marinierskorps, Lugmag, en die Kuswag) met 201 031 mariniers in aktiewe diens, en nog 40 000 reserviste (2009). Slegs die Kuswag is kleiner. Nogtans is die Amerikaanse Marinierskorps groter as die gewapende magte van baie ander lande, ook groter as die Britse Weermag.

Die korps het sy eie lugvaartafdeling (Marinierskorpslugvaart), wat meer vegvliegtuie besit as die lugmagte van die meeste ander lande.

Die korps val, net soos die Amerikaanse Vloot, onder die departement van die vloot, wat gelei word deur 'n minister (minister van die vloot) en 'n adjunkminister. Die departement van die vloot val saam met die departement van die leër, van die lugmag en van die ruimtemag, onder die departement van verdediging.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.