Amir Abbas Howeida

Amir Abbas Howeida (Persies: امیرعباس هویدا; Amīr `Abbās Howeida, * 18 Februarie 1919, † 7 April 1979 in Teheran) was 'n Iranse ekonoom en politikus wat tussen 27 Januarie 1965 en 7 Augustus 1977 as eerste minister gedien het. Sy ampstermyn van byna dertien jaar was die langste van alle premiers in die geskiedenis van Iran. Howeida het daarnaas ook die ampte van vise-premier en minister van finansies in die kabinet van Hassan-Ali Mansur beklee.

Amir Abbas Howeida
Amir Abbas Howeida

70ste Premier van Iran
Ampstermyn
26 Januarie 1965 – 7 Augustus 1977
Voorafgegaan deurHassan-Ali Mansur
Opgevolg deurJamshid Amouzegar

Vise-premier van Iran
Ampstermyn
7 Maart 1964 – 26 Januarie 1965
Voorafgegaan deurJafar Sharif-Emami
Opgevolg deurArdeshir Zahedi

Minister van finansies
Ampstermyn
7 Maart 1964 – 1 Februarie 1965
Voorafgegaan deurKamal Hassani
Opgevolg deurJamshid Amouzegar

Persoonlike besonderhede
Gebore18 Februarie 1919
Teheran, Iran
Sterf7 April 1979
Teheran, Iran
Politieke partyPan-Iranse Party (1950-1964)
Nuwe Iran Party (1964-1975)
Rastakhiz (1975-1977)
Eggenoot/-noteRozita Mansur (1950-1952)
Leila Emami (1964-1973)
Alma materUniversité Libre de Bruxelles, Brussel
ReligieSjiïtiese Islam

Ná die Iranse Rewolusie in 1979 is hy deur die nuut geskepte Islamitiese Rewolusionêre Geregshof skuldig bevind van "oorlogsvoering teen God" en die "verspreiding van korrupsie op Aarde", ter dood veroordeel en tereggestel.