Anatoliese hiërogliewe
Die Anatoliese hiërogliewe of Luwiese hiërogliewe, voorheen verkeerdelik genoem "Hetitiese hiërogliewe", is 'n logografiese skryfstelsel van ongeveer 500 karakters wat in Anatolië en Noord-Sirië voorgekom het en in antieke tye in die Hetitiese Ryk en Nuwe Hetitiese Koninkryke gebruik is vir Luwies.
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3c/Slab_with_Hittite_hieroglyphic_inscriptions_mentioning_the_activities_of_king_Urhilina_and_his_son._9th_century_BC._From_Hama._Museum_of_the_Ancient_Orient%2C_Istanbul.jpg/220px-thumbnail.jpg)
Die inskripsies is in 1870 ontdek en onlangs ontsyfer. Die meeste kom uit rekords oor monumente. Die hiërogliewe blyk nie verband te hou met die Egiptiese of Kretensiese hiërogliewe nie en word beskou as 'n plaaslike uitvindsel. Hulle verteenwoordig maklik herkenbare tekeninge, soos diere of menslike ledemate, of anders is hulle eenvoudige meetkundige figure.
Bronne
- E. Laroche, Les hiéroglyphes hittites, Première partie, l'écriture, Éditions du Centre National de la Recherche Scientifique, Paris, 1960
Sien ook
Eksterne skakels
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladGeweldVarkgriepAardverwarmingAardbewingTropiese sikloonSpesiaal:Onlangse wysigingsDroogteCarles PuigdemontNelson MandelaMenseregteEkonomiese sektorKarin HougaardErfenisdag (Suid-Afrika)Ekonomie van Suid-AfrikaPinksterPrimêre sektor van die ekonomieApartheidVulkaanSuid-AfrikaBoelieryRobbeneilandAntoniemErfenisTrappe van vergelykingNazi-DuitslandWaarheid-en-versoeningskommissieGevolge van aardverwarming op oseaneSeksPad na jou hartVergelykings (taalkunde)Selfstandige naamwoordNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHolocaustWaterbesoedelingIntensiewe vormGoudMonopolie