Antimoon(III)oksied

chemiese verbinding

Antimoon(III)oksied is 'n verbinding van antimoon in sy 3+ oksidasietoestand met suurstof.

Eienskappe

Algemeen

NaamAntimoon(III)oksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleSb2O3
Molêre massa291,42 [g/mol][1]
CAS-nommer1309-64-4[1]  
Voorkomswit vastestof[1]  
ReukReukloos[1]
Fasegedrag  
FaseSenarmontiet (<606 °C) 
Selkonstantesa=1115,2pm[2]  
RuimtegroepFd3
Nommer227  
StrukturberichtD6₁ 
FaseValentiniet (>606 °C) 
Selkonstantesa=491,1; b=1246,4; 541,2pm[3]  
RuimtegroepPccn 
Nommer56  
StrukturberichtD5₁₁
Smeltpunt656 °C[1]
Kookpunt1550 °C[1]
Digtheid5,20 [g/cm3] (kubies); 5,79 [g/cm3] (ortorombies)[4]
OplosbaarheidSleg oplosbaar[1] <10-5 mol/L[4] 
ΔfHɵ-720,3 [kJ/mol] (kubies); -708,5 [kJ/mol] (ortorombies)[4]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspuntnie-brandbaar 
LD5034 600 [mg/kg] (rot; oraal)[1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Kristalstrukture

Senarmontiet-struktuur

Die verbinding kristalliseer in twee modifikasies. Kubiese antimoon(III)oksied kom in die natuur as die mineraal senarmontiet voor. Die struktuur is die argetipe van die D61-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. As2O3 is isomorfies.[2] Dit het 'n molekulêre struktuur met Sb4O6-molekules, wat ook in die gasfase aangetref word. In die kristallyne fase vorm nogtans die suurstofatome 'n subtralie wat soos pirochloor s'n lyk. [5]

Valentiniet-struktuur

Antimoon(III)oksied skakel teen 606 °C om na sy geel, ortorombiese, nie-molekulêre vorm wat ook metastabiel teen kamertemperatuur as die mineraal valentiniet aangetref word. Dit het 'n ortorombiese polimeerstruktuur met Sb4O4-ring wat se antimoonatome met die volgende ring verknoop is.[4]

Chemiese eienskappe

Antimoon(III)oksied kan verkry word deur natuurlike antimoonsulfied in suurstof te verhit:

Indien die suurstoftoevoer beperk is, word pleks van die tetraoksied die effens vlugtige trioksied gevorm wat by afkoeling as sublimaat neerslaan. Dit word ook by verbranding van die element of van stibaan (SbH3) gevorm. Dit slaan ook by hidrolise van antimoon(III)chloried in 'n sodaoplossing neer:[4]

Hierdie "algarotpoeier" is vroeër medies aangewend.


Antimoon(III)oksied is 'n amfoteriese oksied wat met albei sterk sure en sterk basisse kan reageer. Met 'n basis soos NaOH word 'n ortoantimoniet gevorm:

Wanneer dit water verloor ontaan meta-antimoniete:

Die oksied los nie in verdunde sure op nie, maar in gekonsentreerde soutsuur kan die trichloried gevorm word.[4]

Gebruike

Vlamvertrager

Antimoon(III)oksied or antimoontrioksied (ATO) word algemeen as 'n mede-sinergis met gehalogeneerde vlamvertragers gebruik om hul doeltreffendheid te verbeter. Onlangse omvattende genotoksisiteitstudies en 'n kritiese oorsig deur die Europese Kommissie het aangedui dat, in teenstelling met die aanduidings van vroeëre minder goed geverifieerde studies, antimoontrioksied nie 'n genotoksiese karsinogeen is nie. Geen nadelige gesondheidseffekte word van antimoontrioksied verwag nie, alhoewel daar 'n mate van onsekerheid bestaan oor 'n moontlike kankergevaar wat voortspruit uit inaseming van deeltjies, waar beter data oor spesifieke blootstelling vereis word. In die meeste gevalle is blootstelling egter waarskynlik gering in vergelyking met blootstelling aan antimoontrioksied van ander bronne in die huishoudelike en stedelike omgewing.[6]

Verwysings