Avalokitesvara

Avalokitesvara (Sanskrit, "god wat neerkyk", Tibettaans: སྤྱན་རས་གཟིགས་, ras gzigs) is ’n bodhisattva wat die meelewing van alle boeddhas versinnebeeld. Hy word in verskillende kulture as óf manlik óf vroulik voorgestel.[1] In Chinese Boeddhisme het Avalokitesvara ’n effens ander vroulike figuur, Guanyin, geword en in Kambodja is hy bekend as Lokeśvara.

Avalokitesvara uitgebeeld met ’n lotusblom in sy hand. Nalanda, Bihar, Indië; 9de eeu.

Avalokitesvara is een van die bodhisattvas wat die meeste vereer word in die Mahayana-skool, asook nieamptelik in die Theravada-tradisie.[1] In Tibettaanse Boeddhisme word geglo die Dalai Lamas is reïnkarnasies van dié bodhisattva.

Verwysings