Tibettaanse Boeddhisme

Tibettaanse Boeddhisme is die Boeddhistiese tradisie in Tibet, Mongolië, Tiwa, Bhoetan, Kalmikië en streke van die Himalaja, insluitende Noord-Nepal en Indië, en die staatsgodsdiens van Bhoetan.[1]

Die 14de Dalai Lama van Tibet.

Volgens die godsdienstige geskrifte is Tibettaans die spirituele taal van hierdie gebiede. Tibettaanse Boeddhisme volg die Vajrayana-leringe van die 8ste eeuse Indië.[2]

Tibettaanse Boeddhisme het na baie Westerse lande versprei waar dit in gewildheid toeneem.[3] Dit het na raming tussen 10 miljoen en 20 miljoen volgelinge.[4] Die bekendste van hulle is waarskynlik die 14de Dalai Lama van Tibet, ’n lama van die Gelug-skool van Tibettaanse Boeddhisme.[5]

Verwysings

Eksterne skakels