BIOS
(Aangestuur vanaf Basiese Toevoer/Afvoer Stelsel)
BIOS, 'n akroniem vir Basic Input/Output System, is 'n biblioteek met 'n stel basisinstruksies vir die eerste kommunikasie tussen die hardeware en die bedryfstelsel. Tydens die opbring van 'n persoonlike rekenaar, wanneer die bedryfstelsel nog nie gelaai is nie, is dit ook die enige sagteware wat beskikbaar is.
As 'n rekenaar aangeskakel word, voer die BIOS 'n POST-roetine (Power-On Self-Test) uit. As alles reg lyk, dra die BIOS beheer na die selflaaisektor (bootloader) oor om die bedryfstelsel te laai. Die selflaaisektor kan gewoonlik op die eerste sektor van 'n aanwesige hardeskyf gevind word.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladGeweldVarkgriepAardverwarmingAardbewingTropiese sikloonSpesiaal:Onlangse wysigingsDroogteCarles PuigdemontNelson MandelaMenseregteEkonomiese sektorKarin HougaardErfenisdag (Suid-Afrika)Ekonomie van Suid-AfrikaPinksterPrimêre sektor van die ekonomieApartheidVulkaanSuid-AfrikaBoelieryRobbeneilandAntoniemErfenisTrappe van vergelykingNazi-DuitslandWaarheid-en-versoeningskommissieGevolge van aardverwarming op oseaneSeksPad na jou hartVergelykings (taalkunde)Selfstandige naamwoordNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHolocaustWaterbesoedelingIntensiewe vormGoudMonopolie