Benoît Mandelbrot

Benoît Mandelbrot (Warskou, 20 November 1924 - Cambridge, 14 Oktober 2010) was 'n Frans-Amerikaanse wiskundige.

Benoît Mandelbrot
Gebore20 November 1924
Warskou, Pole
Oorlede14 Oktober 2010 (op 85)
Cambridge, Massachusetts
BlyplekPole, Frankryk, Verenigde State
NasionaliteitVlag van Pole Pole
Vlag van Frankryk Frankryk
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
VakgebiedWiskunde, Aërodinamika
Instelling(s)Yale-universiteit
International Business Machines (IBM)
Pasifiese Noordweste Nasionale Laboratorium
Alma materPolitegnikum
Kaliforniese Instituut vir Tegnologie
Universiteit van Parys
Doktorale promotor(s)Laurent Calvet
Eugene Fama
Ken Musgrave
Murad Taqqu
Daniel Zajdenweber
Bekend virMandelbrot se stelsel
fraktale
Chaosteorie
Zipf-Mandelbrot wet
Beïnvloed deurJohannes Kepler
ToekenningsBarnard-medalje vir voortreflike diens in Wetenskap (1985)
Harvey-prys (1989)
Wolf-prys (1993)
Japan-prys (2003)
Franklin-medalje
Legioen van Eer

Hy is gebore as 'n Joodse Pool en is bekend vir sy bydrae tot wiskunde en chaosteorie, deur die ontwikkeling van die konsep van fraktaalmeetkunde. Hy publiseer in 1970 sy bevindings in 'n boek: Fractals: forms, chance and dimensions en later in 1977 'n meer afgeronde weergawe getiteld: The fractal geometry of nature. Mandelbrot het as 'n Franse wiskundige fisikus by die IBM firma gewerk toe hy begin het om fraktaalmeetkunde te ontwikkel. Mandelbrot het skynbaar die gedagte van fraktaalmeetkunde ontwikkel in 'n poging om geraas in telefoonkabels uit te skakel.