Cambridge, Massachusetts

Cambridge [ˈkeɪmbɹɪdʒ] is 'n stad in die Middlesex-distrik van die deelstaat Massachusetts, Verenigde State. Die stad is in die metropolitaanse gebied van Groter Boston geleë en ter ere van die Universiteit van Cambridge in Engeland – die alma mater van die stadstigters – vernoem. Vandag is Cambridge veral bekend vir sy befaamde universiteite en kolleges, die Harvard-universiteit, Radcliffe College en die Massachusetts Institute of Technology (MIT).[1]

Cambridge, Mass.
Ligging in Middlesex County, Mass.
Ligging in Middlesex County, Mass.
Ligging in Middlesex County, Mass.
Ligging van Massachusetts in die VSA
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State van Amerika
Staat Massachusetts
DistrikMiddlesex
Stigting
Inkorporasie
1631
1636
Regering
 - City Manager
Robert W. Healy
Oppervlakte
 - Totaal18,47 km² (7,1 myl²)
Bevolking (2007)
 - Totaal101 388
 - Digtheid6 089,37/km² (15 771,4/myl²)
Areakode(s)617, 857
Webwerf: www.cambridgema.gov

Cambridge het 'n oppervlakte van 18,47 vierkante kilometer, terwyl sy bevolking in 2007 101 388 beloop het. Dit maak van Cambridge die vyfde grootste stedelike nedersetting in die deelstaat. Sy inwoners word Cantabrigians genoem. Cambridge is naas Lowell een van die administratiewe setels van die distrik Middlesex.

Cambridge was die setel van die eerste kollege in Noord-Amerika (Harvard) en ook die eerste stad waar 'n drukpers in bedryf gestel is – twee gebeurtenisse waaraan die stad sy reputasie as intellektuele sentrum te danke het.[2]

Verwysings