Beta Centauri

Beta Centauri (β Centauri, afgekort as Beta Cen of β Cen), met die tradisionele naam Hadar,[10] is ’n driedubbele ster in die suidelike sterrebeeld Sentour (Centaurus). Die stelsel se gesamentlike skynbare magnitude van 0,61 maak dit die tweede helderste ster in Sentour en een van die helderste sterre in die naglug. Volgens metings van die Hipparcos-satelliet[11][12] is dit sowat 390 ligjare van die Son af.[2]

Beta Centauri
Die ligging van Beta Centauri (in die rooi sirkel).
Die ligging van Beta Centauri (in die rooi sirkel).
SterrebeeldSentour
SpektraaltipeB1 III / B1 III / B1V?[1]
SoortVeelvoudige ster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming14h 03m 49.40535s[2]
Deklinasie-60° 22′ 22.9266″[2]
Skynmagnitude (m)0,61[3]
Absolute magnitude (M)-4,53[4]
B-V-kleurindeks -0,23[3]
U-B-kleurindeks -0,98[3]
Besonderhede
Massa (M)10,7 ± 0,1 / 10,3 ± 0,1[1] / 4,61[5]
Ligsterkte (L)41 700[6]
Ouderdom (jaar)14,1 ± 0,6[1]
Temperatuur (K)25 000 ± 2 000 (A1)/
25 000 ± 2 000[1] (A2)
Eienskappe
Veranderlikheidβ Cep (A1 & A2)[7]
Ander name
Agena, Hadar,[8] HR 5267, HD 122451, CD−59°5365, LHS 51, SAO 252582, FK5 518, HIP 68702, GC 18971, CCDM J14038-6022[9]
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Beta Centauri is goed in die Suidelike Halfrond bekend as die binneste van twee sterre wat wys na die asterisme bekend as die Suiderkruis. ’n Lyn wat van die ander aanwyser, Alpha Centauri, deur Beta Centauri getrek word, lei na binne ’n paar grade van Gamma Crucis, die ster aan die bopunt van die kruis. Deur ’n lyn van dié ster af te trek na Alpha Crucis aan die onderkant van die kruis, kan ’n navigator vasstel waar suid is.[13]

Eienskappe

Die Beta Centauri-stelsel het drie komponente: Beta Centauri Aa, Ab en B. Al die spektraallyne wat waargeneem word, stem ooreen met dié van ’n B1-tipe ster.

Joan Voûte het Beta Centauri B in 1935 geïdentifiseer. Dit is 1,3 boogsekondes van die primêre komponent af en het sedert die ontdekking dieselfde gebly, hoewel die posisiehoek sedertdien met ses grade verander het. Beta Centauri B wentel op ’n afstand van 0,6 ligjare om die primêre komponent, met ’n periode van rofweg 1 500 jaar.

In 1967 het Beta Centauri se periodieke wisseling in radiale snelheid daarop gedui dat Beta Centauri A ’n spektroskopiese dubbelster is. Dit is in 1999 bevestig. Hulle word Aa en Ab genoem; hulle het dieselfde massa en wentel om mekaar met ’n periode van 357 dae met ’n groot eksentrisiteit van sowat 0,8245.[14]

In 2005 is geraam die twee sterre is rofweg 4 AE van mekaar af.[6]

Aa en Ab se klassifikasie van B1 III[6] dui op reusesterre wat wegbeweeg van die hoofreeks. Hulle is albei Beta Cephei-veranderlikes met meervoudige pulseringsperiodes van net ’n paar uur. Die volle mate van veranderlikheid is nog nie bereken nie, maar dit is nie meer as ’n paar honderdstes van ’n magnitude nie.[6][15]

Aa se massa is omtrent 12,02 keer dié van die Son en Ab s’n 10,58 keer.[14]

Name

Die ster se Bayer-naam is "Beta Centauri". Die tradisionele name is "Hadar" en "Agena". Hadar kom van die Arabiese حضار (die stam van die woord vir "teenwoordig" of "op die grond wees", of "beskaafde gebied").[16] Agena is moontlik afgelei van die Latynse genua, "knieë".

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Hadar" vir die ster Beta Centauri Aa goedgekeur[17] omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het in plaas van aan stergroepe.

Verwysings

Eksterne skakels

14h 03m 49.40535s, −60° 22′ 22.9266 ″