Bloukaas
Bloukaas is ’n algemene klassifikasie van kase waartoe kulture van die swam Penicillium gevoeg is sodat die finale produk kolle of are van blou of blougrys skimmel bevat en ’n sekere geur het van dié swam of verskeie spesiaal gekweekte bakterieë. By sommige bloukase word spore ingespuit voordat die wrongel vorm, en by ander word die spore ná die tyd in die wrongel ingemeng. Die kaas word gewoonlik in ’n temperatuurbeheerde omgewing soos ’n grot verouder. Dit kan net so geëet of oor kos gekrummel of gesmelt word.
Bloukaas | ||
Gorgonzola, ’n bloukaas van Italië. | ||
Voedingswaarde (per 100 g) | ||
Vetinhoud | 28,74 g | |
Proteïen | 21,4 g | |
Koolhidrate | 2,34 g | |
Energie | 1 477,939 kJ[1] |
Die smaak van bloukase is dikwels skerp en sout. Die bakterie Brevibacterium linens is verantwoordelik vir die reuk van baie bloukase,[2] asook vir voetreuke en ander menslike liggaamsreuke.[3]
Geskiedenis
Bloukaas is vermoedelik per ongeluk ontdek toe kase by natuurlike temperature in vogbeheerde grotte gestoor is – wat gunstige omstandighede vir baie soorte onskadelike swamme is. Dit was klam in die grotte en daarom het die swamme gevorm.
Daar word dikwels beweer Plinius die ouere het in 79 n.C. gunstig van Roquefort gepraat. In die teks praat Plinius egter van ’n kaas van Gallië sonder om te noem wat die oorsprong is en selfs of dit ’n bloukaas is.[4]
Gorgonzola is een van die oudste bekende bloukase en is minstens sedert 879 v.C. al geëet. Dit het egter vermoedelik nie blou are bevat tot omstreeks die 11de eeu nie.[5][6] Stilton is ’n relatief nuwe byvoeging tot bloukase; dit het iewers in die vroeë 1700's gewild geraak.[7] Baie variëteite soos Danablu en Cambozola het in die 20ste eeu ontstaan.
Verwysings
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bloukaas.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia