Roquefort

Roquefort is 'n Franse soort blouskimmelkaas wat as die beste van sy soort wêreldwyd bekend staan. Slegs kaas, wat in die grotte van die dorp Roquefort-sur-Soulzon (département Aveyron) ryp geword het, mag hierdie naam dra. Die jaarlikse produksie het in 1998 17 716 ton bereik.

Roquefort
Franse Roquefort
HerkomsRoquefort-sur-Soulzon (Frankryk)
Vetgehalte52 %
VormSilindries, deursnee 20 cm
Hoogte8-10 cm
Gewig2500 g
TipeBlouskimmelkaas
OorsprongSkaapmelk

In die jaar 1060 verwys Franse kloosterboeke vir die eerste keer na die Roquefort. Die kaas word vandag nog steeds volgens die ou tradisie van skaapmelk gemaak. Die melkskape, wat in die suide van Frankryk wei, hou van wilde kruie wat net op kalkagtige bodems groei en 'n besondere, pikante smaak aan die Roquefortkaas verleen.

Eksterne skakels