Boekedorp

'n Boekedorp is 'n plek met 'n aansienlike groot aantal tweedehandse boekwinkels waarvoor dit die meeste bekend is. Daar is dikwels dorpe met beperkte ekonomiese vooruitsigte, waar die boek 'n besondere inisiatief aan die dag kan lê vir ekonomiese ontwikkeling. Die groot aantal verskillende tweedehandse boekwinkels (antikwariate) lok mense van heinde en ver, waar die dorp andersins geen aftrek sou kry by 'n paar winkeltjies nie. Die boekwinkels gaan dikwels met koffiewinkels, kunsgalerye en oudhedewinkels gepaard. Die doel is om veral die gastebedryf, maar ook ander plaaslike ondernemings, deur die antikwariese besoekers te bevoordeel. Dit skep werksgeleenthede vir die (plaaslike) bevolking.

Die hoofstraat van Richmond, Noord-Kaap, Suid-Afrika se eerste boekedorp.
Boekwinkels in die Walliese Hay, die eerste boekedorp ter wêreld
Antikwariaat in Bredevoort, Nederland
Tweedehandse boekwinkel in Langenberg, Duitsland
Selfhelp-boekwinkels in Fjærland, Noorweë
Fontenoy-la-joute, Frankryk

Geskiedenis

Die eerste boekedorp ter wêreld is 'n afgeleë dorpie in Wallis. Richard Booth open in 1961 in Hay-on-Wye 'n tweedehandse boekwinkel wat houers vol boeke wat hy uit New York saamgebring het verkoop. Tans is daar in hierdie dorpie, met skaars 2 000 inwoners, meer as 38 antikwariate. Vele daarvan spesialiseer volgens enkele temas. Die dorpie lok baie toeriste. Die toerisme word verder deur boekbekendstellings bevorder.

Volgens hierdie konsep van Hay het gevolglik meer boekedorpe in Europa en meer sporadies op ander vastelande ontstaan.

Die eerste boekedorp in Duitsland en die Duitssprekende gebied word in September 1997 gestig. Mühlbeck en die buurdorp Friedersdorf in die Anhalt-Bitterfeld-distrik het tans sowat 15 boekwinkels in 'n gebied met skaars 3 000 inwoners. Die grondslag was 70 000 boeke wat oor die hele Duitsland versamel is. Tans is die boekaanbod omtrent een miljoen boeke.

Richmond, in die Noord-Kaap, word as Suid-Afrika se heel eerste boekedorp beskou. John Donaldson ('n sportmediaman), Peter Baker ('n Kanadese veearts) en Darryl Earl David ('n dosent aan die Universiteit van KwaZulu-Natal wat sy doktorsgraad oor boekedorpe gedoen het), het aanvanklik onafhanklik van mekaar die goedkoop kerkhuise ("nagmaalhuise") opgekoop, gerestoureer en die boekedorp amptelik in 2007 geopen met 'n optrede deur Patrick Mynhardt. Die eerste BoekBedonnerd-fees is gehou, wat sowat duisend feesgangers na die dorp gebring het wat aan net sowat 250 mense verblyf kon bied.[1]

Lys van Boekedorpe

Boekdorp/-stadLandStigtingsjaarAantal boekwinkelsWebwerf
BécherelFrankryk198915Webwerf
BredevoortNederland1993omtrent 30Webwerf
CuiseryFrankryk199916Webwerf
DalmellingtonVerenigde Koninkryk1997projek beëindig-
Damme (Wes-Vlaandere)België19978Webwerf Geargiveer 5 Maart 2016 op Wayback Machine
FjærlandNoorweë199512Webwerf
Fontenoy-la-JoûteFrankryk199618Webwerf Geargiveer 29 Oktober 2020 op Wayback Machine
Hay-on-WyeVerenigde Koninkryk196138Webwerf
Kampung BukuMaleisië1997?-
Kembuchi Children's Picture-Book VillageJapan1991?-
La Charité-sur-LoireFrankryk200014Webwerf[dooie skakel]
Langenberg (Rynland)Duitsland19988Webwerf Geargiveer 26 Januarie 2012 op Wayback Machine
Miyawaga Children's Book VillageJapan??-
MontereggioItalië1990er12Webwerf
MontmorillonFrankryk200013Webwerf
MontolieuFrankryk198915Webwerf Geargiveer 8 Maart 2018 op Wayback Machine
FriedersdorfDuitsland199714Webwerf
MüllenbachDuitsland200114Webwerf
Nevada Gold Cities Book TownVerenigde State199828-
PurgstallOostenryk20003Webwerf
ReduBelgië198422Webwerf
Saint-Pierre-de-ClagesSwitserland199314Webwerf
SidneyKanada199510Webwerf Geargiveer 14 Junie 2013 op Wayback Machine
Southern Highlands BOOKtrailAustralië2000?Webwerf Geargiveer 18 Mei 2013 op Wayback Machine
Stillwater (Minnesota)Verenigde State1993?Webwerf
SysmäFinland1997Webwerf
TvedestrandNoorweë?20Webwerf Geargiveer 28 September 2007 op Wayback Machine
ViandenLuxemburg2002?Webwerf
VötikvereEstlandKontak
Wünsdorf WaldstadtDuitsland19985Webwerf
WigtownVerenigde Koninkryk199728Webwerf

Verwysings

Eksterne skakels