Bolzano

munisipaliteit in die Italiaanse

Bozen of Bolzano (Italiaans: Bolzano; Duits: Bozen; Ladinies: Balsan/Bulsan) is die hoofstad en grootste stad van die outonome provinsie Suid-Tirol in die outonome gewes Trentino-Suid-Tirol (Italië) met 'n bevolking van 107 739 (soos op 31 Desember 2018) en 'n oppervlakte van 52,3 km². Bozen is geleë langs die Brennerroete, wat Noord- en Suid-Europa met mekaar verbind, en by die samevloeiing van die Etsch- en Eisackriviere. Die belangrikste huistale is Italiaans (73%), Duits (26,29%) en Ladinies (0,71%). As bikulturele stad met Noord-Europese en Mediterreense invloede vervul Bozen al eeue lank 'n belangrike funksie as 'n ontmoetplek vir die Duits- en Italiaanssprekende kultuur- en sakewêreld.

BozenBolzano
Balsan / Bulsan

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Italië Italië
 Administratiewe gewes Trentino-Suid-Tirol
 Provinsie Suid-Tirol
 Koördinate46°30′N 11°21′O / 46.500°N 11.350°O / 46.500; 11.350
 StigtingOmstreeks 500 v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal52,3 vk km
 Hoogte bo seevlak262 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2018)107 739
 - Bevolkingsdigtheid2060/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterRenzo Caramaschi
 Amptelike Webwerfgemeinde.bozen.it
Bozen/Bolzano, soos gesien vanuit die weste
Nou straatjies in die historiese middestad met booggange, in Duits Lauben genoem - 'n argitektoniese element wat beskerming teen son en reën bied en wat die Duitssprekende gebiede van Suid-Tirol met Noord-Italiaanse nedersettings deel
Die voorstad Gries
Duits, Italiaans, Engels en Ladinies is die Vrye Universiteit Bolzano/Bozen se amptelike tale vir onderwys en kommunikasie

Bozen is een van die grootste stedelike nedersettings in die Alpegebied, setel van die Suid-Tiroolse regering en parlement, sedert 1964 biskopsetel van die nuutgestigte Rooms-Katolieke diosese Bozen-Brixen en sedert 1997 ook setel van 'n universiteit – die Freie Universität Bozen (met Duits, Italiaans, Engels en Ladinies as onderrigmedia[1]). Die navorsingsaktiwiteite van die universiteit se Ladiniese afdeling fokus op Ladiniese Taalkunde (veral Ladiniese Filologie) en Meertalige Opvoedkunde.[2]


Verwysings

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bolzano.
  • (en) Toerisme-inligting oor Bolzano op Wikivoyage
  • (de) (it) Amptelike webwerf
  • (en) "Bolzano". Encyclopædia Britannica. Besoek op 8 Maart 2019.