Bristol F.2 Fighter

Britse dubbeldekker vliegtuig

Die Bristol F.2 Fighter is 'n dubbeldekker, tweesitplek Britse vegvliegtuig wat tydens die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het. Die vliegtuig het 'n bemanning van twee gehad, die vlieënier en die verkenner; beide persone het 'n masjiengeweer gehad wat onafhanklik van mekaar gewerk het. Die vliegtuig is ontwerp deur kaptein Frank Barnwell. Die vliegtuig was ontwikkel as 'n geïntegreerde eenheid rondom die Rolls-Royce Falcon motor; van die bewapening tot by die uitsig van die bemanning.

Bristol F.2 Fighter
'n Bristol F.2B Fighter uit die Shuttleworth Collection
TipeVegvliegtuig
VervaardigerBritish and Colonial Aeroplane Company
Ontwerp deurFrank Barnwell
Nooiensvlug9 September 1916
StatusOnttrek
HoofgebruikersRoyal Flying Corps
Poolse Lugmag
Vervaardig1916–1927
Aantal gebou5 329

Die vliegtuig het sy oorlog debuut gemaak op 5 April 1917 tydens die Slag van Arras. Die vliegtuig was egter nie suksesvol nie vir twee redes; die vlieëniers het 'n taktiese fout gemaak deur die verdediging van die vliegtuig aan die verkenner oor te laat in stede van die voorste masjiengewere daarvoor te gebruik. Die tweede probleem was dat die olie gevries het wat van die masjiengewere nutteloos gemaak het met die gevolg dat vier van die ses vliegtuie afgeskiet is. 'n Paar dae later het die vlieëniers die vliegtuig gebruik asof dit 'n enkel sitplek vliegtuig is met dodelike gevolge. Dit word die beste twee sitplek vliegtuig van die Eerste Wêreldoorlog.

Toe die Britse Lugmag op 1 April 1918 tot stand gekom het was die Bristol F.2 Fighter die eerste vliegtuig wat 'n missie onderneem vir die nuwe onafhanklike lugmag. Die vliegtuig was gewild onder die vlieëniers omrede dit vinnig, beweeglik en rats was, kon vinniger duik as enige ander vliegtuig en kon baie straf verduur.

Die Vickers-masjiengeweer wat vorentoe gevuur het, was in die middel van die vliegtuig, onder die enjinkap gemonteer met 'n tonnel wat deur die brandstoftenk gegaan het. Na die oorlog was die vliegtuig gebruik onder andere vir opleiding en die vliegtuig was in produksie tot in 1927. Die laaste Bristol F.2 Fighter is afgelewer in Desember 1926 aan die Britse Lugmag. Veertien lugmagte het die vliegtuig gebruik onder andere Kanada, Griekeland en Meksiko. Vyftien jaar nadat die vliegtuig in diens geneem was deur die Britse Lugmag het dit nog gevlieg. Die Koninklike Nieu-Seelandse Lugmag het die vliegtuig nog gebruik tot in 1938.

Tegniese besonderhede

Besonderhede van die Bristol F.2 Fighter:
ItemStatistiek
Aantal motors1
Tipe motorSkroef
VervaardigerRolls-Royce Falcon III inlynmotor
Kraglewering per motor275 perdekrag
Vlerkspan11,96 m
Lengte7,87 m
Hoogte2,97 m
Vlerkoppervlakte37,63 m2
Maksimum opstygmassa1 474 kg
Maksimum snelheid198 km/h
Operasionele hoogte5 485 m
UithouvermoëDrie ure
Klimvermoë3 048 m in 11½ minute
BewapeningEen vorentoe gesinchroniseerde 7,7 mm Vickersmasjiengeweer
en een of twee agtertoe-gerigte 7,7 mm Lewismasjiengewere.

Sien ook

Bron