Britse Lugmag

Die Koninklike Britse Lugmag (Engels: Royal Air Force, afgekort RAF) is die lugmag van die Verenigde Koninkryk. Die lugmag is in 1918 gestig[2] deur die samesmelting van die Koninklike Vliegkorps en die Britse Vloot se lugdiens. Dit is die oudste lugmag ter wêreld.[3] Die eerste hoof van die Britse Lugmag was Hugh Trenchard.

Britse Lugmag
Gestig1 April 1918
LandVerenigde Koninkryk
Onderdeel vanBritse Gewapende Magte
TipeLugmag
Logo
VaandelVaandel van die Britse Lugmag
Rondeel
HoofkwartierMoD Main Building, Whitehall
Aantal lede33 200 aktief en 1 940 RAuxAF
3 300 Reserwepersoneel
606 vliegtuie (Verdere 135 bestel)[1]
MarsRoyal Air Force March Past
VeldslaeEerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog
Korea-oorlog
Viëtnamoorlog
Golfoorlog
Die Sopwith Camel was die vernaamste Britse vliegtuig in die Eerste Wêreldoorlog. Daar is meer as 20 000 van die vliegtuie gebou.

Die Britse Lugmag beskik oor verskeie basisse oor die wêreld, insluitende in die Verenigde Koninkryk, Falkland-eilande, Siprus en Gibraltar. Hierdie basisse het gewoonlik 'n voorvoegsel 'RAF' wat staan vir "Royal Air Force". Voorbeelde van hierdie basisse is: RAF Lossiemouth in Skotland, RAF Valley in Wallis, RAF Aldergrove in Noord-Ierland en RAF Linton-on Ouse in Engeland.

Die Britse Lugmag beskik oor moderne vliegtuie soos die Eurofighter Typhoon, Panavia Tornado en die BAE Hawk. Die Hawk word gebruik om vlieëniers van snelbewegende vliegtuie op te lei.

Fotogalery van die lugmag se moderne vliegtuie

Verwysings

Eksterne skakels