Christina Hardyment

Christina Hardyment (gebore in 1946)[1] is 'n Britse skrywer wat al oor 'n wye reeks onderwerpe geskryf het, insluitende ouerskap, kos, tuine, kinderboeke en Britse geskiedenis.[2]

Christina Hardyment
Gebore1946
NasionaliteitVlag van Engeland Engeland
BeroepSkrywer, historikus

Persoonlike lewe

Hardyment het hoofsaaklik in Engeland gewoon, behalwe vir 'n paar jare in Suid-Afrika vanaf 1951 tot 1953. Nadat sy haar tersiêre studies voltooi het, het sy geleer dat haar vader die Noorweegse skrywer en soldaat Eiliv Odde Hauge was, en gevolglik het sy haar nuut-ontdekte Noorweegse familie gekontak en verhoudinge met hulle aangeknoop.[1] Sy is in 1969 met Tom Griffith getroud, en het vier dogters en baie kleinkinders. Hulle is in 1991 geskei.

Hardyment is die skryweres van verskeie werke op maatskaplike geskiedenis en literatuur. In 2015 was sy die redigeerder van 'n nuwe kosbundel genaamd The Pleasures of the Table.[3] Sy is ook 'n joernalis wat somtyds boekresensies skryf. Haar mees onlangse boek handel oor die Teemsrivier in literatuur deur die geskiedenis met die titel Writing the Thames, wat in 2016 publiseer is.

Sy woon in Oxford en geniet dit om te seil op die Teemsrivier.[1]

Werke

  • 1983: Dream Babies: child care from Locke to Spock Londen: Cape
  • 1984: Arthur Ransome and Captain Flint's Trunk Londen: Jonathan Cape ISBN 0224029894
  • 1988: From Mangle to Microwave: the mechanization of household work Cambridge: Polity Press
  • 1992: Home Comfort: A History of Domestic Arrangements Londen: Viking and the National Trust ISBN 0670823651
  • 1995: Slice of Life: the British way of Eating Since 1945, Londen: BBC Books ISBN 0563370874
  • 2005: Malory : the knight who became King Arthur's chronicler Londen: HarperCollins ISBN 9780060935290
  • 2010: University of Oxford: The Official Guide, Universiteit van Oxford, ISBN 978-0956624406
  • 2012: Writing Britain: Wastelands to Wonderlands Londen: Britse Biblioteek ISBN 9780712358743
  • 2015: Pleasures of the Table London: Britse Biblioteek
  • 2016: Writing the Thames, Bodleian Biblioteek ISBN 978-1851244508

Verwysings