Constand Viljoen

Voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag

Constand Laubscher Viljoen (28 Oktober 1933 – 3 April 2020) SSA SD SOE SM was ʼn voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en later die stigter van die Vryheidsfront.

Constand Laubscher Viljoen
Constand Viljoen
Constand Viljoen in 1984

Leier van die Vryheidsfront Plus
Ampstermyn
1 Maart 1994 – 26 Junie 2001
Opgevolg deurPieter Mulder

Lid van die Parlement
Ampstermyn
1994 – 2001

Persoonlike besonderhede
Gebore(1933-10-28)28 Oktober 1933
Standerton, Transvaal, Unie van Suid-Afrika
Sterf3 April 2020 (op 86)
Ohrigstad, Limpopo, Suid-Afrika
Politieke partyNasionale Party (voor 1994)
Vryheidsfront Plus (1994–2001)
Eggenoot/-noteChristina "Ristie" Heckroodt
Kind(ers)5
Alma materUniversiteit van Pretoria
ReligieNederduits Gereformeerde Kerk

Militêre Diens
LojaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Diens/TakSuid-Afrikaanse Weermag
Jare in diens1956–1985
RangGeneraal
EenheidHoof van die Suid-Afrikaanse Weermag
Oorloë/VeldslaeSuid-Afrikaanse Grensoorlog
ToekenningsOrde van die Ster van Suid-Afrika (Militêr) SSAG Southern Cross Decoration SD South African Police Star for Outstanding Service SOE Southern Cross Medal SM Military Merit Medal MMM Pro Patria Medal (South Africa) ' Good Service Medal ' Good Service Medal ' Permanent Force Good Service Medal ' Order of the Cloud and Banner ORB

Vroeë lewe

Constand Viljoen is op 28 Oktober 1933 gebore en ontvang sy skoolopleiding aan die Laerskool Perdekop en Hoërskool Standerton. Hy sluit daarna by die Suid-Afrikaanse Weermag aan en behaal die graad B.Sc (B.Mil) aan die Universiteit van Pretoria in 1955.[1]

Loopbaan

Viljoen word bevorder tot Luitenant-Generaal in 1976 en Generaal in 1980. In 1977 word hy Hoof van die Suid-Afrikaanse Leër en in 1980 die Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag tydens die moeilike grensoorlogdae. Hy tree in 1985 af by die weermag om voltyds te boer in die Ohrigstad omgewing. In 1993 tree Viljoen tot die politiek toe saam met nog drie ander oud-generaals en help met die stigting van die Afrikaner Volksfront.

Kórt voor die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994 stig Viljoen die Vryheidsfront as politieke party vir die Afrikaners. Dié party beywer hom vir die daarstel van ʼn Afrikanervolkstaat. Deur bemiddeling van sy tweelingbroer prof Abraham Carel (Braam) Viljoen word hy oorreed om af te sien van sy ideale vir 'n afsonderlike Volkstaat, en tree die broers toe tot geheime onderhandelinge met Nelson Mandela van die ANC. Die Vryheidsfront wen 640 000 stemme met Viljoen as leier.

In 2001 tree Viljoen uit die aktiewe politiek en as leier van die Vryheidsfront, en spits hom op sy boerdery toe. Hy sterf op 3 April 2020 in Ohrigstad.[2]

Toekennings en dekorasies

  • Orde van die Ster van Suid-Afrika (Militêr) (Goud) (SSAG) [lower-alpha 1][3]
  • Southern Cross Decoration (SD) [3]
  • South African Police Star for Outstanding Service (SOE) [3]
  • Southern Cross Medal (1952) (SM) [3]
  • Military Merit Medal (MMM) [3]
  • Pro Patria Medal (South Africa) (with Cunene Clasp) [3]
  • Good Service Medal (Gold (30 Years)) [3]
  • Good Service Medal (Silver (20 Years)) [3]
  • Permanent Force Good Service Medal [3]
  • Order of the Cloud and Banner (2nd Grade - with Grand Cordon) (ORB) [3]
  • Paraguayan decoration[3]
Proficiency badges
Meesterkanonieer van die artillerie: 48
General
Constand L. Viljoen[lower-alpha 2]
Year: 1984
←47: WO1
Robbie Graham
Commandant
Piet D. Uys :49→
Paratrooper Basic
(Qualification)
Basic, Static Line
Black on Thatch beige, Embossed
Small Black wings

Notas

Verwysings

Bronnelys