Cusco

Cusco (ook Cuzco, in Quechua Qusqu of Qosqo) is die hoofstad van die gelyknamige provinsie in die Peruviaanse Andes-hooglandsgebied. Die stad is 3 399 m bo seespieël geleë en het ongeveer 358 000 inwoners. Dit is ook die oord van 'n aartsbiskop en 'n universiteit.

Cusco
Qusqu
Qosqo

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Peru Peru
 Provinsie Cusco
 Koördinate13°31′S 71°59′W / 13.517°S 71.983°W / -13.517; -71.983
 Gestig op11de eeu
 Oppervlakte: 
 - Totaal70 015,3 vk km
 Hoogte bo seevlak3 399 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2009)358 052
 - Bevolkingsdigtheid5 114 vk/km
 TydsoneUTC -05:00
 BurgemeesterLuis Flórez García
 Amptelike webwerfmunicusco.gob.pe Geargiveer 25 Oktober 2007 op Wayback Machine
Kaart van Cusco in 1860

Die stad se gevarieerde geskiedenis as hoofstad van die Inkas, die besienswaardighede in die omgewing en die landskap in die midde van die Andes gebergtes, maak dit 'n aantrekkingspunt vir vele toeriste. As uitgangspunt na die Inka-ruines van Machu Picchu het Cusco wêreldwyd bekend geword. Die stad Cusco is in 1983 deur UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Eksterne skakels