Dar-es-Salaam

Dar-es-Salaam (Arabies: دار السلام, Dār as-Salām, letterlik: "woonplek van vrede") is die regeringsetel van Tanzanië en die land se grootste en belangrikste stad, wat sy status as hoofstad in 1974 aan die meer sentraal geleë Dodoma moes afstaan, maar huisves steeds die land se voltydse burokrasie en dien ook as die hoofstad van die omliggende, gelyknamige streek.

Dar-es-Salaam
دار السلام

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Tanzanië Tanzanië
 Koördinate06°49′S 39°17′O / 6.817°S 39.283°O / -6.817; 39.283
 Stigting
 Oppervlakte: 
 - Totaal1 493 vk km
 Hoogte bo seevlak0 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2020)6 400 000
 - Bevolkingsdigtheid4 300/vk km
 - Metropolitaanse gebied3 092 430
 TydsoneUTC+3 (OAT)
 BurgemeesterIsaya Mwita Charles
 Amptelike webwerfdcc.go.tz
Busstasie in Dar-es-Salaam op 'n reënerige dag
'n Lugfoto van Dar-es-Salaam se middestad

Die geskatte bevolking was volgens die 2021-beraming 7 100 000.[1] Die stad is die eindpunt van die Tazara-spoorlyn wat by Kapiri Mposhi in Zambië begin en dié land toegang tot die Indiese Oseaan bied, danksy Dar-es-Salaam se besige hawe.[2]

Verwysings

Eksterne skakels