Darlington

Darlington is 'n verdronke dorpie in die Oos-Kaap. Dit het in die 1920's verdwyn nadat die Darlingtondam in die Sondagsrivier gebou is. Die dorpie was aan die R400-pad, die Sondagsriver en effens ten ooste van Waterford geleë. Hierdie gehug het geen kerk of polisiekantoor gehad nie, maar wel 'n smitswinkel en 'n skool. In 1880 is daar 'n poskantoor geopen, maar toe die dam gebou is, is die poskantoor verskuif na die plaas De Toekomst. Darlington het selfs twee keer 'n plaaslike dokter gehad. Een was die bekende Suidpoolreisiger dr. Reginald Koettlitz.

Reginald Koettlitz, dokter en Suidpoolreisiger

Bibliografie

  • Logie, Bartle: Sundays – tales from a winding river. Port Elizabeth: Bluecliff, 2011. ISBN 978-0-9870017-2-6

25°8′1″O / 33.20611°S 25.13361°O / -33.20611; 25.13361