Darlingtondam

Die Darlingtondam (voorheen bekend as die Mentzmeer) is geleë in die Sondagsrivier in die Oos-Kaap. Die dam is gedurende 1922 voltooi. Dit het 'n bakmaat van 187 miljoen m3 met die wal wat 35.3 m hoog is. Die dam is belangrik omrede water uit die Gariepdam via die tonnels en kanale na die Darlingtondam oorgedra word wat uiteindelik Port Elizabeth bereik.[1]

Darlingtondam

LiggingKirkwood
Provinsie/LandOos-Kaap, Suid-Afrika
Koördinate33°12′22″S 25°8′1″O / 33.20611°S 25.13361°O / -33.20611; 25.13361 25°8′1″O / 33.20611°S 25.13361°O / -33.20611; 25.13361
Dam inSondagsrivier
DoelBesproeiing, nywerheid en huishoudelik
Openingsdatum1922  (Opgeknap in 1952)
EienaarDepartement van Waterwese
Soort damGravitasiedam
Hoogte van wal35.3 m
Lengte van wal230 m
ReservoirMentzmeer
Kapasiteit187 000 000 m³
Opvanggebied16 700 km2
Damoppervlak3452.7 ha

Aanvanklik was die opgaarvermoë amper 118 miljoen m³. Met die verhoging van die wal in 1935-1936, deur toeslikking genoodsaak, is dit met 23½ miljoen m³ vermeerder. Toe die wal in 1948-1952 vir ‘n tweede keer verhoog is, is die volume van die dam tot net meer as 165 miljoen m³ vergroot. Die besproeibare oppervlakte was daarna net minder as 9 500ha.

Die naaste groot dorp is Kirkwood.

Sien ook

Verwysings