Engelse Wikipedia

Engelse weergawe van Wikipedia
Engelse Wikipedia
Tipe webbladWiki
Taal(e)Engels
RegistrasieOpsioneel
EienaarWikimedia Stigting
Opgerig15 Januarie 2001
Huidige statusAktief
URLen.wikipedia.org

Die Engelse weergawe van Wikipedia was die eerste uitgawe van hierdie aanlynensiklopedie en is op 15 Januarie 2001 begin.[3] Na omtrent vyf jaar is die miljoenste artikel in Maart 2006 geskep. Hiermee laat hulle die ander Wikipedias, soos die Duitse, Franse en die Nederlandse Wikipedias, ver agter.[4] Slegs een-en-'n-halfjaar later, op 9 September 2007 bereik die Engelstalige Wikipedia reeds hulle tweemiljoenste artikel, op 17 Augustus 2009 hulle driemiljoenste artikel, op 13 Julie 2012 hulle viermiljoenste artikel, op 1 November 2015 hulle vyfmiljoenste artikel en op 23 Januarie 2020 hulle sesmiljoenste artikel.

Vergelyking met ander Wikipedia-weergawes
Oorsprong van die artikels
Lande waar die Engelse Wikipedia die belangrikste weergawe is.[1]
Top 25 lande volgens oorsprong van die gebruikers.[2]

Die Simple English Wikipedia (simplewiki) is 'n variasie waarin die meeste artikels slegs van basiese Engelse woordeskat gebruik maak. Daar is ook die Ou-Engelse (Ænglisc/Angelsaksiese) Wikipedia (angwiki), sowel as 'n toets of  "broeikas"-weergawe vir die Middel-Engelse Wikipedia (emmwiki).

Watter dialek van Engels?

Een van die twispunte op die Engelse Wikipedia is oor watter variëteit van Engels voorkeur moet geniet. Die mees voor-die-handliggende kandidate is Amerikaanse Engels, Britse Engels en Internasionale Engels. Daar word besluit dat die dialek wat by die artikel sal pas voorkeur moet geniet. So sal Kanadese artikels in Kanadese Engels geskryf word, en sal Internasionale Engels meer geskik wees vir algemene artikels. Ongeag van die tipe Engels, moet die hele artikel konsekwent in dieselfde styl geskryf word.[5]

Vergelyking met ander ensiklopedieë

In 2005 het die wetenskaplike tydskrif Nature 'n vergelykende studie gedoen om die kwaliteit van die Engelstalige Wikipedia teenoor die Encyclopædia Britannica te bepaal. Uit die ondersoek het dit geblyk dat wetenskaplike artikels in Wikipedia en Britannica gemiddeld vier groot foute bevat, 162 klein foutjies is in Wikipedia gevind, maar slegs 123 is in die Britannica gevind.[6]

Tydslyn

Aantal artikels:

DatumAantal artikels
15 Januarie 2001amptelike oprigting
21 Januarie 2003100 000
2 Februarie 2004200 000
20 April 2004250 000
7 Julie 2004300 000
20 November 2004400 000
17 Maart 2005500 000
18 Junie 2005600 000
25 Augustus 2005700 000
29 September 2005750 000
1 November 2005800 000
4 Januarie 2006900 000
1 Maart 20061 000 000
9 September 20072 000 000
17 Augustus 20093 000 000
13 Julie 20124 000 000
1 November 20155 000 000
23 Januarie 20206 000 000

Aantal artikels op hierdie oomblik

Voorbeeldartikel

  • 'n Voorbeeld van 'n Engelstalige artikel: Afrikaans.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels