Enif

Enif (ook bekend as Epsilon Pegasi of ε Peg) is die helderste ster in die noordelike sterrebeeld Vlieënde Perd (Pegasus). Met ’n gemiddelde skynbare magnitude van 2,4[4] is dit geredelik met die blote oog sigbaar. Volgens parallaksmetings[11][12] is dit sowat 690 ligjare van die Son af.[2]

Enif
Enif se ligging (in die rooi sirkel).
Enif se ligging (in die rooi sirkel).
SterrebeeldVlieënde Perd
Bayer-naamEpsilon Pegasi
SpektraaltipeK2 Ib[1]
SoortSuperreus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming21h 44m 11.15614s[2]
Deklinasie+09° 52′ 30.0311″[2]
Skynmagnitude (m)2,399[2] (0.7 - 3.5)
Absolute magnitude (M)-4,142[3]
B-V-kleurindeks +1,527[4]
U-B-kleurindeks +1,722[4]
Besonderhede
Massa (M)11,7 ± 0,8[5]
Radius (R)185[6]
Ligsterkte (L)3 895[7]
Ouderdom (jaar)20 ± 4,5 miljoen[5]
Temperatuur (K)4 379[3]
Afstand (ligjaar)690
Rotasiespoed (km/s)8[8]
Metaalinhoud [Fe/H]-0,04[3]
Eienskappe
VeranderlikheidLC[9]
Ander name
8 Pegasi, BD+09°4891, FK5 815, HD 206778, HIP 107315, HR 8308, SAO 127029[10]
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Naam

Die ster se Bayer-naam is "Epsilon Pegasi" en sy Flamsteed-naam "8 Pegasi". Sy tradisionele naam, "Enif", kom van die Arabiese woord vir "neus" vanweë sy posisie as die neus van die Vlieënde Perd.

In Julie 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN)[13] dit as die amptelike naam van die ster goedgekeur.[14]

Eienskappe

Enif is ’n geëvolueerde ster wat reeds sy superreusfase binnegegaan het, soos gesien kan word aan sy sterreklassifikasie van K2 Ib.[1] Sy massa is na raming 12 keer dié van die Son[5] en sy hoekdeursnee is 8,17 ± 0,09 milliboogsekondes.[15] Op hierdie afstand gee dit ’n enorme fisieke radius van 185 keer die Son s'n.[6] Sy ligsterkte is rofweg 12 250 keer die Son s’n[7] teen ’n effektiewe temperatuur van 4 337 K.[3] Dié temperatuur is laer as die Son s’n en dit gee die ster die tipiese oranje kleur van ’n K-tipe ster.[16]

Enif het waarskynlik ’n kort deel van sy lewensduur oor, hoewel dit onbekend is of dit as ’n supernova sal ontplof of ’n skaars neon-suurstof-witdwerg sal word, aangesien sy massa op die grens lê tussen sterre wat sal ontplof of nie. Volgens waarnemings het Enif al op ’n paar geleenthede skielik baie helderder geword, wat aanleiding gegee het tot die teorie dat dit (en moontlik nog ’n superreus) enorme vlamme genereer wat dié van die Son oorskadu.[17] Dit is ’n stadige onreëlmatige (LC-)veranderlike waarvan die skynbare magnitude wissel tussen 0,7 en 3,5.[9]

Sy spektrum toon ’n oormaat van die elemente stronsium en barium, wat die gevolg kan wees van die S-proses van nukleosintese in sy buitenste atmosfeer.[7] Dit het ’n relatief hoë uitsonderlike snelheid van 21,6 km s-1.[5]

Verwysings

Eksterne skakels

21h 44m 11.158s, +09° 52′ 30.04″