Ethan Hawke

Ethan Green Hawke (gebore 6 November 1970)[1] is ’n Amerikaanse akteur, skrywer en regisseur. Hy is vir vier Oscars benoem as beide akteur en skrywer, asook ’n Tony. Hy was die regisseur van twee rolprente, drie Off-Broadway-toneelstukke en ’n dokumentêr, en het die romans The Hottest State (1996) en Ash Wednesday (2002) geskryf.

Ethan Hawke
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Hawke in 2009 by die Venesiese Rolprentfees.

GeboortenaamEthan Green Hawke
Geboorte06 November 1970 (1970-11-06) (53 jaar oud)

Hawke het sy rolprentdebuut in 1985 gemaak in die wetenskapsfiksieprent Explorers, en bekend geraak ná sy verskyning in die drama Dead Poets Society (1989).

Verwysings