FSV Zwickau

FSV Zwickau

Volledige naamFußball und Sport-Verein
Zwickau e.V.
Stigtingsdatum1912
TuisveldWestsachsenstadion,
Zwickau
Kapasiteit14 200
Kompetisie3. Liga

FSV Zwickau is 'n Duitse sokkerklub uit Zwickau in die deelstaat Sakse.

Die Westsachsenstadion, Zwickau

Geskiedenis

SG Planitz is in 1912 gestig in Planitz naby Zwickau, sedert 1944 'n stadswyk van Zwickau. In die 1930’s het die klub in die Gauliga gespeel, destyds die hoogste vlak.

Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub heropgerig, maar in tipies Oos-Duitse styl het die klub 'n reeks naamsveranderinge ondergaan: In 1949 word die klub ZSG Horch Zwickau en die volgende jaar BSG Horch Zwickau. In die 1950/51-seisoen word die klub BSG Motor Zwickau. In 1968 smelt die klub saam met Aktivist Karl Marx Zwickau en word Sachsenring Zwickau. Die laaste naamsverandering was op 1 Januarie 1990 toe die huidige naam aangeneem is.

DDR-Oberliga

SG Planitz was die eerste kampioen van Oos-Duitsland, maar nie in die DDR-Oberliga, wat eers die volgende jaar opgerig is, nie. Die klub het SG Freiimfelde Halle in die eindstryd verslaan. Daar was planne om die kampioen van die Sowjet-geokkupeerde Duitsland teen die wenner van al die ander gebiede deur die Geallieerdes beheer te laat speel om die Duitse kampioen te bepaal, maar die Koue Oorlog het dit verhoed toe die Sowjet-Unie Planitz verhoed het om na Stuttgart te reis om teen 1. FC Neurenberg te speel in die kwarteindronde.

Die klub se grootste sukses hierna was in die 1949/50-seisoen, toe dit die DDR-Oberliga gewen het. Die Oos-Duitse beker is ook drie keer gewen. 'n Groot prestasie is in 1975 behaal toe Zwickau die halfeindstryd van die Europese beker II gehaal het deur onder andere Panathinaikos Athene, AC Fiorentina en Celtic Glasgow in die voorafgaande rondes uit te skakel.

Duitse eenwording

Na die Duitse eenwording was die klub se beste tye die 4 seisoene sedert 1994 in die 2. Bundesliga, maar die klub het ernstige finansiële probleme ontwikkel en daardeur so laag as die Landesliga gesak. Tans speel die klub in die Oberliga, die 4de vlak van Duitsland.

Erelys

Onlangse ligaposisionering

  • 1967-68(I)DDR-Oberliga7de
  • 1968-69(I)DDR-Oberliga5de
  • 1969-70(I)DDR-Oberliga5de
  • 1970-71(I)DDR-Oberliga6de
  • 1971-72(I)DDR-Oberliga7de
  • 1972-73(I)DDR-Oberliga8ste
  • 1973-74(I)DDR-Oberliga8ste
  • 1974-75(I)DDR-Oberliga7de
  • 1975-76(I)DDR-Oberliga9de
  • 1976-77(I)DDR-Oberliga8ste
  • 1977-78(I)DDR-Oberliga10de
  • 1978-79(I)DDR-Oberliga12de
  • 1979-80(I)DDR-Oberliga8ste
  • 1980-81(I)DDR-Oberliga11de
  • 1981-82(I)DDR-Oberliga12de
  • 1982-83(I)DDR-Oberliga14de
  • 1983-84(II)DDR-Liga, St. D1ste
  • 1984-85(II)DDR-Liga, St. B1ste
  • 1985-86(I)DDR-Oberliga14de
  • 1986-87(II)DDR-Liga, St. B2de
  • 1987-88(II)DDR-Liga, St. B1ste
  • 1988-89(I)DDR-Oberliga13de
  • 1989-90(II)NOFV-Liga, St. B4de
  • 1990-91(II)NOFV-Liga, St. B1ste
  • 1991-92(III)Oberliga Noordoos-Suid1ste
  • 1992-93(III)Oberliga Noordoos-Suid5de
  • 1993-94(III)Oberliga Noordoos-Suid1ste
  • 1994-95(II)2.Bundesliga16de
  • 1995-96(II)2.Bundesliga5de
  • 1996-97(II)2.Bundesliga14de
  • 1997-98(II)2.Bundesliga17de
  • 1998-99(III)Regionalliga Noordoos4de
  • 1999-00(III)Regionalliga Noordoos18de
  • 2000-01(IV)Oberliga Noordoos-Suid4de
  • 2001-02(IV)Oberliga Noordoos-Suid6de
  • 2002-03(IV)Oberliga Noordoos-Suid6de
  • 2003-04(IV)Oberliga Noordoos-Suid8ste
  • 2004-05(IV)Oberliga Noordoos-Suid14de
  • 2005-06 (V)Landesliga Sakse
  • 2006-07 (IV)Oberliga Noordoos-Suid

Eksterne skakels

Oberliga Noordoos-Suid 2007/08-seisoen

VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | Chemnitzer FC | SC Boreas Dresden | FC Eilenburg |
1. FC Gera 03 | VfB Germania Halberstadt | Hallescher FC | FC Carl Zeiss Jena II |
FC Sachsen Leipzig | SSV Markranstädt | ZFC Meuselwitz | VFC Plauen | VfB Pößneck |
VfB 1906 Sangerhausen | FSV Zwickau