FUDforum

FUDforum is 'n oopbron-gebaseerde webforum wat in PHP geskryf is.Die naam "FUDforum" is 'n afkorting vir "Fast Uncompromising Discussion forum".[1] Die sagteware word onder die GNU GPL lisensie versprei.

FUDforum
Kort opsomming van die logo.

OntwikkelaarAdvanced Internet Designs Inc.
BedryfstelselWindows, UNIX, Linux
KategorieWebforum
LisensieGNU GPL
WebbladFUDforum

FUDforum loop op 'n aantal bedryfstelsels wat die PHP-programmeertaal ondersteun, insluitend Unix, Linux en Windows. As databasis word IBM DB2, MS-SQL, MySQL, Firebird, Oracle, PostgreSQL of SQLite gebruik om die forum se data te stoor. Die koppelvlak is gebaseer op HTML5 met CSS, jQuery en AJAX om 'n meer buigsame koppelvlak te bewerkstellig.[2]

Die sagteware is na verskeie tale vertaal. 'n Volledige Afrikaanse vertaling is beskikbaar en is by die basispakket ingesluit.

Verwysings

Eksterne skakels