Forbes

Forbes is 'n saketydskrif in die Verenigde State van Amerika.

Forbes

RedakteurRandall Lane
KategorieëSaketydskrif
FrekwensieTweeweekliks
UitgewerForbes, Inc.
Totale Oplaag931 558 (2013)
Jaar gestig15 September 1917
Eerste uitgawe1917
MaatskappyForbes, Inc.
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
TaalEngels
Webwerfwww.forbes.com
ISSN0015-6914
Forbes se kantore in New York Stad.

Forbes Magazine is 'n Amerikaanse sakeblad wat deur B.C. Forbes gestig is, en tans deur sy kleinseun, Steve Forbes gelei word. Die tydskrif is veral bekend vir sy jaarlikse samestelling van 'n lys met die rykste mense ter wêreld (minimum van $ 1 miljard word benodig vir notering). Hulle stel ook elke jaar 'n lys met die 500 grootste besighede ter wêreld saam. Sedert 2004 publiseer hulle 'n lys van die 100 magtigste vroue ter wêreld.

Hulle bring ook jaarliks ander lyste uit, soos byvoorbeeld: Celebrity 100 List. Bekende mense wat al op nr. 1 was sluit in: Oprah Winfrey, Tom Cruise en Jennifer Aniston.

Rykste mense ter wêreld

Die hoogste Suid-Afrikaanse notering vir 2011 is Nicky Oppenheimer & familie op nommer 136.[1]

In 2007 is die hoogste Nederlandse notering op hierdie lys die EU-kommissaris Neelie Kroes, op posisie nommer 59[2] (in 2006 op 38, en in 2005 op 44).

Verwysings

Eksterne skakels