Geografiese verspreiding van Afrikaanssprekendes

Wikimedia lysartikel

Terwyl Afrikaans hoofsaaklik in Suid-Afrika en Namibië gepraat word, is daar baie Afrikaanssprekendes wat in ander lande woon.

'n Kaart van lande volgens getal Afrikaans.
██ 250,000 tot 7,000,000 sprekers
██ 40,000 tot 250,000 sprekers
██ 10,000 tot 40,000 sprekers
██ 1,000 tot 10,000 sprekers
██ Onder 1,000 sprekers
██ Onbekende bevolking

Argentinië

In 2019 was daar 650 Afrikaanssprekendes in Argentinië,[1] waarvan die meeste 'n unieke dialek van Afrikaans praat, bekend as Patagoniese Afrikaans.[2]

Australië

In 2016 was die 43,748 Afrikaanssprekendes in Australië,[3] 7,735 hiervan het in Nieu-Suid-Wallis gewoon.[4] In 2016 het 12.3% van die Suid-Afrikaanse bevolking in Nieu-Suid-Wallis Afrikaans tuis gepraat, vergeleke met 85.1% Engelssprekend.[5]

JaarAfrikaanssprekende bevolking
(  Australië)
Afrikaanssprekende bevolking
(  Nieu-Suid-Wallis)
19963,544
20018,023
200616,8093,602
201135,0276,228
201643,7487,735

Botswana

In 2011 was daar 8 082 Afrikaanssprekendes in Botswana.

Kanada

In 2016 was daar 23,410 Afrikaanssprekendes in Kanada,[6] maar net 85 van hulle het Afrikaans by die werk gepraat.[7]

Mauritius

In 2011 was daar net 36 Afrikaanssprekendes in Mauritius.

Nieu-Seeland

In 2013 was daar 27,387 Afrikaanssprekendes in Nieu-Seeland.[8]

JaarAfrikaanssprekende bevolking
200621,123
201327,387

Verenigde Koninkryk

Engeland en Wallis

In 2011 was daar 11 247 Afrikaanssprekendes in Engeland en Wallis,[9] die regsjurisdiksie wat die VK-lande Engeland en Wallis dek.

Verenigde State

Verspreiding van Afrikaans in die Verenigde State (2000-sensus)

In 2016 was daar 28,406 Afrikaanssprekendes in die Verenigde State.[10]

Ander lande

Daar is ook Afrikaanssprekendes wat in Nederland, België, Angola, Zimbabwe, Zambië, Skotland, Lesotho, Eswatini en Kenia woon. Afrikaans word by baie universiteite in baie lande onderrig; insluitend Suid-Afrika, Namibië, Australië, die Verenigde State, Nederland, Duitsland, België, Pole en Rusland.

Verwysings