Angola

Land in Suider-Afrika

Angola (Portugees: [ɐ̃ˈɡɔlɐ]; Kongo, Kimbundu en Umbundu: Ngola, [ɐ̃ˈɡɔlɐ]), amptelik die Republiek Angola (Portugees: República de Angola; Kongo, Kimbundu en Umbundu: Repubilika ya Ngola), is 'n land in Suider-Afrika wat grens aan Namibië in die suide, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die noordooste, Zambië in die ooste en die Atlantiese Oseaan in die weste. Die provinsie Cabinda, wat hom ten noorde en buite die land self bevind, grens aan die Republiek van die Kongo in die noorde, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die suide en die Atlantiese Oseaan in die weste. Angola is 'n lid van die Afrika-unie en 'n voormalige Portugese kolonie wat sy onafhanklikheid in 1975 bereik het. Die hoofstad en grootste stad is Luanda.

Republiek Angola
República de Angola (Portugees)
Repubilika ya Ngola
(Kongo, Kimbundu en Umbundu)
Vlag van AngolaWapen van Angola
VlagWapen
Volkslied: Angola Avante!
(Portugees vir: "Voorwaarts Angola!")
Ligging van Angola
HoofstadLuanda

8°50′S 13°20′O / 8.833°S 13.333°O / -8.833; 13.333

Grootste stadLuanda
Amptelike talePortugees
Nasionale tale: Kikongo, Chokwe, Umbundu, Kimbundu, Ganguela en Kwanyama[1][2]
Regering

President
• Adjunkpresident
Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
João Lourenço
Bornito de Sousa
Onafhanklikheid
Vorming
• Portugese kolonisasie
• Onafhanklikheid
• Huidige grondwet


1575
11 November 1975
21 Januarie 2010
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 246 700 km2  (22ste)
481 400 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2014-sensus
 - Digtheid
 
25 789 024[3]
20,69 / km2 (199ste)
53,6 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$208,279 miljard[4] (64ste)
$6 930[4] (107de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$110,186 miljard[4] (61ste)
$3 666[4] (91ste)

MOI (2017) 0,581[5] (147ste)  –  medium
Gini (2008)42,7[6] –  laag
GeldeenheidKwanza (AOA)
Tydsone
 - Somertyd
WAT (UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD.ao
Skakelkode+244
Nasa-Satellietbeeld van Angola
Kaart van Angola
Topografiese kaart van Angola
Luanda is die hoofstad en grootste stedelike sentrum van Angola
Die berge van Lubango
Miradouro da Lua langs die suidelike kus van Luanda

Angola was 'n Portugese kolonie vanaf die 16de eeu tot 1975. Ná onafhanklikwording was Angola van 1975 tot 2002 in 'n ernstige burgeroorlog gedompel. Die oorlog het ook deel uitgemaak van die wêreldwye Koue Oorlog, met Sowjetunie en Kuba wat die kommunisties gesinde MPLA (Movimento Popular de Libertação de Angola – Partido do Trabalho) ondersteun het terwyl Suid-Afrika en die Verenigde State die anti-kommunistiese Unita (União Nacional para a Independência Total de Angola) ondersteun het.

Die land is die naasgrootste petroleum- en diamantprodusent in Afrika suid van die Sahara. Daarteenoor het Angola van die laagste lewensverwagtings- en een van die hoogste kindersterftekoerse in die wêreld.[7] In Augustus 2006 is 'n vredesooreenkoms onderteken met 'n faksie van die Frente para a Libertação do Enclave de Cabinda, FLEC, 'n afgeskeidene guerillagroep van die Cabinda-eksklawe in die noorde van die land, wat steeds aktief is.[8] Nagenoeg 65% van Angola se ruolie is afkomstig van daardie area.

Etimologie

Die naam "Angola" is afgelei van die titel Ngola van die konings van Ndongo, 'n oos van Luanda geleë vasalstaat van die historiese Koninkryk Kongo. Die Portugese het hierdie benaming oorgeneem en later vir die hele gebied gebruik, wat hulle wou koloniseer.[9]

Geskiedenis

Demografie

Die bevolking bestaan hoofsaaklik uit Ovimbundu (37%), Kimbundu (25%) en Bakongo (13%). Daarbenewens bly sowat 2% Mestizo en 1% Europeërs in die land. Portugees is die mees verspreide taal in Angola en word deur sowat 71% van die bevolking gebesig. Belangrike inheemse tale sluit in Umbundu (23%), Kikongo (8%), Kimbundu (8%) en Chokwe (6,5%).[10]

Geografie

Angola het 'n groot binnelandse plato wat skerp daal na 'n smal kusvlakte aan die Atlantiese Oseaan. Dit is die 22ste grootste land ter wêreld (na Niger) met 'n oppervlakte van 1 246 700 km².[11] Dit is vergelykbaar in grootte met Mali en is amper twee keer so groot soos die Amerikaanse deelstaat Texas of vyf keer so groot soos die Verenigde Koninkryk.

Angola word begrens deur Namibië in die suide, Zambië in die ooste, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die noordooste en die Atlantiese Oseaan in die weste. Die eksklawe Cabinda grens ook aan die Republiek van die Kongo in die noorde. Angola se hoofstad Luanda lê aan die Atlantiese kus in die noordweste van die land.

Klimaat

Angola se gemiddelde temperatuur aan die kus is 15,6 °C in die winter en 21,1 °C in die somer. Dit het twee seisoene; droë seisoen (Mei tot Oktober) en warm reënseisoen (November tot April).

Provinsies

Angola bevat 18 provinsies (Portugees: províncias, eenvoud – província):

No.ProvinsieHoofstadBevolking
(2014)[12]
No.ProvinsieHoofstadBevolking
(2014)[12]
Kaart
1BengoCaxito356 64110HuílaLubango2 497 422
2BenguelaBenguela2 231 38511LuandaLuanda6 945 386
3BiéKuito1 455 25512Lunda NorteLucapa862 566
4CabindaCabinda716 07613Lunda SulSaurimo537 587
5Cuando CubangoMenongue534 00214MalanjeMalanje986 363
6Cuanza NorteN'dalantando443 38615MoxicoLuena758 568
7Cuanza SulSumbe1 881 87316NamibeMoçâmedes495 326
8CuneneOndjiva990 08717UígeUíge1 483 118
9HuamboHuambo2 019 55518ZaireM'Banza Kongo594 428

Hierdie 18 provinsies is verdeel in in 157 Municípios en 618 comunas.

Verwysings

Bronnelys

Algemeen
  • Kuttel, M.: South Africans are discovering Angola. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 15, nr. 3, Maart 1966.
* (en)  "Angola". Encyclopædia Britannica. Besoek op 8 Desember 2023.

Eksterne skakels