Gorgona (Colombia)

Gorgona en gorgonilla is eilande in die Stille Oseaan naby die Colombiaanse kus. Hulle is onbewoon en behoort tot die munisipaliteit Guapi van die departement Cauca. Dit is 'n nasionale park.

Gorgona
Gorgona
Gorgona
Geografie
LiggingColombia, Stille Oseaan
Koördinate2°58′3″N 78°10′49″W / 2.96750°N 78.18028°W / 2.96750; -78.18028 78°10′49″W / 2.96750°N 78.18028°W / 2.96750; -78.18028

Oppervlakte24 vk km

Administrasie
Vlag van Colombia Colombia

Demografie
Bevolking0

Geskiedenis

Francisco Pizarro het in 1527 op pad na Peru aan die eilandjies hulle naam gegee, maar hulle was reeds in prekolumbiaanse tydperk 'n skakel tussen Peru en Sentraal-Amerika. Daar is talle slange op die eiland wat vandag nog bestudeer word. Hulle het talle lede van Pizarro se bemanning gedood. Die naam Gorgona verwys na die Gorgone van die Griekse mitologie wat slange pleks van hare op hulle kop gehad het. Later het dit gunstelingeilande vir seerowers geword omdat daar beke met varswater voorhande is. Simon Bolivar het die eiland aan Frederico D'Croz geskenk vir sy hulp by die onafhanklikheid van Colombia. In 1959 het die Colombiaanse staat dit teruggekoop en dit tot 'n tronk gemaak. Daar het 2 500 gevangene verbly.

In 1984 is die tronk gesluit en 'n jaar later is die eiland tot Nasionale Park verklaar. Dit het 'n gunstelingteiken vir ekotoeriste geword. In Augustus -September kan bultrugwalvisse gesien word omdat hulle langs die eiland trek.

Die eiland is voorgestel om tot wêrelderfgoed verklaar te word, maar dit is in die 30ste sitting van die wêrelderfgoedkommissie uitgestel.

Geologie

Die eiland is ook belangrik vir die geologie. Dit is die enigste plek in die wêreld waar taamlik jong komatiïete aangetref word. Hulle stam uit die Paleogeen, terwyl komatiïete in Suid-Afrika uit die Argeïkum stam en die eerste komatiïete dalk reeds in die Hadeïkum gevorm is. [1]

Sien ook

  • Malpelo

Verwysings

Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Nederlandse Wikipedia. Sien bron.