Greenwich Village

Greenwich Village, of dikwels net the Village genoem, is ’n buurt aan die westekant van Lower Manhattan, New York. Dit is bekend as ’n toevlugsoord vir kunstenaars, die bohemiese hoofstad en die geboorteplek van die moderne LGBT-beweging, die Beatgeslag en die kontrakultuur van die 1960's. Groenwijck ("Groen Distrik"), een van die Nederlandse name vir die oorspronklike dorp, is verengels tot "Greenwich".[1]

Washington Square Park in Greenwich Village.

Twee van New York se universiteite, die Universiteit van New York en die New School, is in Greenwich Village geleë.[2][3] Die buurt het uitgebreide verfraaiing en kommersialisasie ondergaan;[4] van sy woonbuurte is van die duurstes in die VSA, volgens Forbes.[5] Huise in die West Village het in 2017 oor die algemeen meer as $23 000 (R277 000) per vierkante meter gekos.[6]

Verwysings

Eksterne skakels