Hennep

Hennep of industriële hennep (van die Oud-Engelse hænep) word tipies in die noordelike halfrond aangetref. Dit behels 'n verskeidenheid kultivars van die plantspesie Cannabis sativa wat spesifiek gekweek word vir die industriële gebruike van sy afgeleide produkte.[1] Dit is een van die vinniggroeiendste plante[2] en is een van die eerste plante wat tot bruikbare vesel verwerk is ongeveer 10 000 jaar gelede.[3] Dit kan verfyn word in 'n verskeidenheid van kommersiële items insluitende papier, tekstiel, klere, bioafbreekbare plastiek, verf, isolasie, biobrandstof, kos en veevoer.[4]

Hennep groei welig in Côtes-d'Armor, Bretagne, Frankryk
Hennep wat vir veevoer verbou word in Europa

Hoewel onwettige marijuana en industriële hennep albei lede van die spesie Cannabis sativa is, en albei die psigokomponent tetrahidrokannabinol (THC) bevat, is hulle afsonderlike stamme, elk met unieke biochemiese samestelling en gebruike en maak deel van meer as 113 cannabinoïde. Hennep het laer konsentrasies van THC en hoër konsentrasies van kannabidiol (CBD), wat sy psigo-effekte drasties verminder. Die wettigheid van industriële hennep wissel wyd tussen lande. Sommige regerings reguleer die konsentrasie van THC en laat hennep toe wat gekweek is met 'n besonder lae THC-inhoud.

Verwysings

Eksterne skakels